Saturday 31 May 2014

FLINTSTONE RIB


                                                            FOTO GELEEN


FLINTSTONE BEESRIB
MARINADE

500 ml lemoensap
125 ml balsamiese asyn
4 knoffelhuisies, geskil en fyn gekap
10 ml brandrissievlokkies
125 ml olyfolie
125 ml worcestersous
15 ml sojasous
15 ml brandrissiesous
15 ml droë mosterdpoeier
10 ml gerookte paprika
15 ml droë oreganum
5 ml sout
30 ml heuning
VLEIS:
3 kg bees-kortrib, in kleiner porsies gesny

METODE:
Meng ál die bestanddele vir die marinade, behalwe die heuning, in ’n groot glas- of plastiekbak, sit in die yskas en laat die ribbetjies minstens drie uur daarin marineer.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas die ribbetjies en die marinade in ’n oondbak van vlekvrye staal en bedek met ’n deksel of foelie.
Rooster in die oond vir ongeveer 1½ uur of tot die ribbetjies baie sag is. Haal die bak uit die oond en haal die ribbetjies uit die marinade.
Plaas op ’n draadrak en rooster verder onbedek in die oond of op die buitebraai vir 10-15 minute.
Draai gereeld om indien dit op die vuur gebraai word.
Indien jy dit in die oond gaarmaak, hou dit ná 10 minute dop.
Giet die marinade in ’n pot.
Voeg die heuning by die marinade en laat dit afkook tot effe verdik.
Verf die ribbetjies daarmee terwyl dit 5-10 minute lank rooster.
Sit voor met ’n aartappelslaai en knoffelbrood.
Lewer ses porsies.
Bron: Landbou / Uit die kombuis van Nina Timm
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/flintstone-rib.html

WILMA FLINSTONE'S RIBS 

(Cooks.com)
2/3 c. soy sauce
2 tbsp. Worcestershire sauce
1 tsp. onion powder
1/4 tsp. dry mustard
1 tbsp. liquid smoke
1/4 tsp. ground red pepper
1/2 tsp. garlic salt
2kg spareribs, cut into 2 rib portions
Scallion & tomatoes for garnish

In large roasting pan, combine first 8 ingredients. Add ribs, coating completely with marinade. Cover and chill 2 hours or overnight. Preheat oven to 350 degrees. Remove ribs from pan, reserving marinade. Bake 2 hours with marinade. Makes 8 servings.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/flintstone-rib.html

No comments:

Post a Comment