Saturday 31 May 2014

BIER EN KNOFFELMOSSELS

Bier en Knoffelmossels
30 ml (2 e) botter
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
100 ml vars kruie soos grasuie
en tiemie, fyn gekap
sout en vars gemaalde
swartpeper
330 ml (1 blikkie of klein bottel) bier
500 g oopskulp-mossels
250 ml (1 k) room

 Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut.
 Roer die kruie, sout en peper by en giet die bier by.
 Bring tot kookpunt, skep die mossels by en plaas die deksel op. Laat sowat 3 minute kook of tot die mossels net gaar is.
 Skep die mossels uit en giet die room by die biermengsel.
 Bring weer tot kookpunt en laat 5 minute prut of tot die sous met die helfte weggekook het.
 Giet oor die mossels en sit voor met vars brood.*Huisgenoot* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/bier-en-knoffelmossels.html

No comments:

Post a Comment