Saturday 3 May 2014

GEROOKTE VLEISE

Gerookte varknek, wildsboud en hoender.

Die wildsboud was nie so lekker nie, dit was te droog al het ons spek bygesit.
#beroking


Die Hoender. (Dankie Kos vir Kampeerders)
Ons rookmetode was net anders daarom het dit langer gerook, maar mens moet maar toets volgens jou rookmetode. Ek sal volgende keer 'n 'flattie' maak en dan rook.








GEROOKTE HOENDER  
1 vars hoender, goed afgespoel onder koue water - verwyder die vlerkpuntjies en oliekliere op die stuitjie
1 klein ui 'n takkie seldery of ander kruie

GEURMIDDELS:
1 t (5 ml) sout
1 t (5 ml) hoenderekstrak-poeier
1/2 t (2,5 ml) swartpeper
1/2 t (2,5 ml) suiker
1 E (12,5 ml) meel
Meng die geurmiddels.

Geur die binnekant van die hoender, plaas die ui en pietersielie in die maagholte en bind die hoender op. Vryf die oorblywende geurmengsel in die vel in. 

Sprinkel 1-11/2 E (12,5-18,5 ml) saagsels onder in die kastrol. Plaas die hoender in 'n metaalhouer op die rakkie in die pot. Maak die deksel stewig toe. Skakel die stoofplaat op hoog (soliede plate of glasblad-stowe moet 5 minute vooraf warm gemaak word). Plaas die kastrol 20 minute op die warm stoofplaat. 
Skakel die plaat af na medium en rook nog 'n uur. Skakel die stoof af, maar laat die pot nog 15 minute op die stoof. Maak die deksel oop. Dien warm of koud op.
Gerookte engelvis, snoek of geelstert Sout die vis en laat in die koelkas om ferm te word. Gaan verder te werk soos voorheen verduidelik.
Rook 12 minute op hoog. Rook 12 minute op medium. Indien die vis baie dik is, kan die medium-tyd tot 17 minute verleng word, of as die vis dun is, kan dit tot 8 minute verkort word. 
WENK:
Die meel maak so 'n lekker korsie rondom die hoender. Die hoender op die foto het omtrent 1 en half na 2 ure gerook, baie stadig.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gerookte-vleise.html

GEROOKTE VARKNEK

1.  EERS DIE PEKEL:
Ek het hie
rdie pekel resep gebruik ook van Kampkos en wenke. Ek het egter die varkboud en ook die nek net oornag gepekel. Die boud het ons eers ontbeen. En ek het minder as die helfte van die sout gebruik.  Ham is sekerlik baie dikker en daarom word dit langer berook.

Vir HAM, gebruik die volgende Pekel resep :
30 ml salpeter
250 ml bruinsuiker
28 g koeksoda
9 tot 12 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 2 kg fyn sout

Roer salpeter, bruinsuiker en koeksoda in koue water tot opgelos.
Gebruik hout of erde vaatjie, maar nie metaal houer nie.
Sit die heel, ongebreekte eier in die dop, in die oplossing.
Voeg die sout bietjies-bietjies by en roer elke keer tot opgelos.
Hou aan om sout by te voeg en goed te roer tot die eier bo op dryf.
(Jy doen dit om 'n versadigde oplossing te bereik, die eier is 'n uitstekende aanwyser daartoe, daarom moet dit 'n vars eier wees,
'n ouer eier sal nie in die versadigde sout oplossing dryf nie... sien ek's amper Wetenskap onnie ook! )
Verwyder dan die eier, en plaas jou varkboud of ham in die pekel oplossing, hou onder die pekel vloeistof vir 3-5 WEKE.  # pekel  #gepekel  #gerook  #berook
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gerookte-vleise.html 

2. DAN DIE BEROKING
Afhangende van dik die vleis is, kan dit enige iets van 3 na 5 ure neem om te rook.
Gebruik omtrent 'n 1/2 koppie saagsels en laat dit baie stadig rook.

3.  DAN DIE GAARMAAK VAN GEROOKTE VARKNEK
1 gerookte varknek
2 wortels
1 groot ui - gehalveer
lourierblaar
paar swart peperkorrels.

Laat nek oornag in skoon, koue water le.
Plaas in oondpan, voeg wortels, ui, lourierblaar en peperkorrels by en ongeveer 1 koppie water.
Bak in oond vir ongeveer 2 ure en laat afkoel.
Heerlike koue vleis, maar kan met sukses weer opgewarm word - gooi net bietjie water in pan om die vleis vogtig te hou terwyl dit warm word.
Mosterd is natuurlik altyd 'n moet saam koue varkvleis!
NOTA
Om die nek in skoon water te le, is jou eie keuse.
Op die oomblik is die wat ek kry, kwaai gerook, daarom doen ek dit.


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gerookte-vleise.html 




TUISGEMAAKTE ROKER VAN 44LT OLIEDROM


FOTO Kobus Brits

No comments:

Post a Comment