Sunday 4 May 2014

SJOKOLADE POTPOEDING



POTPOEDING
Dis die perfekte afronding van ’n lekker warm bord kos. Waarsku jou gaste vooraf om tog ’n gaatjie vir nagereg te los!

Jy benodig
50 g botter
200 ml strooisuiker
1 eier
250 ml koekmeelblom
25 ml kakao
15 ml bakpoeier
’n knippie sout
175 ml melk

Vir die stroop
 250 ml water
250 ml bruinsuiker
25 ml kakao
2 ml vanielje-ekstrak
Só maak jy

Meng die botter en die strooisuiker, voeg die eier by en klits dit tot dit glad en romerig is.
Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam.
Roer melk by die bottermengsel in en meng dit dan deeglik met die droë bestanddele om klonte te voorkom.
Meng die water, suiker en kakao en kook dit in jou swartpot.
Gooi die deeg in die sous en sit die pot vir 45-50 minute oor ’n lae hitte met die deksel op tot dit gaar is.
Pas op vir te veel kole onder die pot inkrap, die poeding gaan brand. Moet ook nie die deksel binne die eerste kwartier oplig nie, al is jy geweldig nuuskierig.
Skep die porsies sommer net so uit die swartpot en bedien dit warm met ’n skeppie roomys of vla.
Bron: WegSleep
WENK:
Die resep kan ook op die stoof gemaak word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/sjokolade-potpoeding.html

No comments:

Post a Comment