Monday 12 May 2014

KARAMEL MELKTERT



Karamel-melktert

Komplimente : HUISGENOOT

250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
1,5 L (6 k) melk
200 g suiker
3 eiers
100 g meel
100 g mieliemeelblom (maizena)
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
50 g botter
Ekstra 250 ml (1 k) melk
1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
250 ml (1 k) room
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
1 blok (90 g) melksjokolade

1. Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig.
2. Verhit 1 L (4 k) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
3. Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 k) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
4. Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel.
5. Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
6. Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag. 


Genoeg vir 10-12 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Afkoeltyd: oornag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/karamel-melktert.html

No comments:

Post a Comment