Monday 12 May 2014

STEFAANS SE BOEREWORS



Vleisland se LEKKERSTE Boerewors resep
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/stefaans-se-boerewors.html
32kg vleis
8kg Vet
650g sout
60gr Swart peper
50g Fyn Naeltjies
50g Fyn Neutmuskaat
300g Koljander (Roasted)
500ml Worcestersous
500ml Bruin asyn
4 lt Koue water


Sny die Vleis en vet in Blokkies meng die speserye deur saam met die asyn en worcestersous...maal dan alles saam, en meng dan die kuoe water lekker deur voor jy begin stop.
(Vir DROEWORS...los die Asyn, en die Water uit)...

Stefaans Blaauw


Stefaans Blaauw
Boerewors Tradisioneel..
10kg vleis
3 kg Bees of Skaapvet
Vir elke 1kg worsvleis...gooi mens die volgende
1 Eetlepel sout
1 Eetlepel Koljander
1 teelepel peper
1 teelepel fyn neut
1/2 teelepel Fyn naeltjies
en een koppie Woestersous vir elke 10kg vleis..
1 liter koue water vir elke 10kg worsvleis
Dan met die HAND gemaal met n nommer 22 Handmeul
EN gestop met dieselfde handmeul..*Vleisland se Resepte





Net soos daar BAIE opinies, en VERSKILLE is oor jaggewere, en Kalibers....
net soveel is daar seker oor WORSBRAAI..???
Maar ek het EEN ding GELEER....
Mens draai BOEREWORS..net EENKEER OM..
Anders wil jy n DROEE worsie eet..
Jy braai dit op warm kole, lekker laag..tot die eenkant lekker bruin is,
(en MOENIE SKRIK as dit bietjie in die Vlamme braai nie...)
en dan draai jy dit om, tot die anderkant bruin is...
dan eet jy n LEKKR SAPPIGE worsie..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/stefaans-se-boerewors.html

No comments:

Post a Comment