Monday 19 May 2014

OPLOSSING VIR KOEK WAT MET 'N PUNT RYS

OPLOSSING VIR KOEK WAT MET 'N PUNT RYS
Liesl du Toit
Ek wil graag iets met julle deel. Het hierdie affere ook eers maar skeef aangekyk maar dit werk regtig. Ek was al moedeloos oor my koeke altyd met n punt rys, toe gaan krap ek so bietjie op Google en kry hierdie nuttige stukkie inligting. Vat n ou handdoek en sny stroke so hoog soos jou koekpan en lank genoeg sodat dit reg rondom kan gaan, steek dit dan sommer met n haak speldjie vas sodat dit styf om die pan pas. Haal dit af en maak dit nat , druk die water net so met jou een hand uit sodat dit nie drup nie en trek dit weer oor die pan. Gooi jou beslag in jou pan en bak die koek met die nat handdoek om. Jou koeke sal perfek gelyk uitkom bo op. Ek was baie skepties en het dit vandag weer gedoen en elke keer is my koeke gelyk, ek het nog nooit in my lewe sulke perfekte koeke gebak nie, gaan sommer nou een vir my plaatkoek ook sny.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/oplossing-vir-koek-wat-met-n-punt-rys.html

Alescha Pretorius
WENK VIR KOEK WAT MET PUNT RYS IN OONDPAN Ek het raad wat wraggies werk ek bak amper elke dag.
Jy kan vir jou wilton se bake even strips koop of soos ek maak jou eie.
Vat papertowels sommer so 3 of 4 aan mekaar en vou dit op horisontaal todat dit dié breedte van jou pan is met ander woorde van bodem na bo dis gewoontlik 2" of 3". VAT foil in dieselfde lengte as dié paper towels en vou dié foil toe om dié paper towels. Vou nou dié een punt heeltemal toe. Aan dié ander kant tap jy water in en druk dan weer oortollige water uit. Vou dié foil strip om jou pan en bak. Haal dié foil strip af 10 min voor dié tyd en bak hom klaar. Koeke rys skeef of met n dome omdat jou koek se kante altyd eerste gaar word voor dié middel so dus hou jou kante op rys maar dié middel rys nog steeds. Met dié strips om hou dit jou panne se kante koeler en dus rys dié koek gelyk.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/oplossing-vir-koek-wat-met-n-punt-rys.html 

ALGEMENE KOEKBAKFOUTE

REDES VIR GROOT KOEKE WAT MISLUK:
Oond was te warm of te koud
Koekpan was te klein
Oonddeur te gou oopgemaak
Koek was nie deur gebak
Daar was aan die oond gestamp
Die deeg was te slap
Te veel van een bestanddeel gebruik.

KOEK RYS MET 'N PUNT:
Oondtemperatuur was in begin van baktyd te hoog
Beslag was te styf
Bestanddele te veel gemeng.

'n DIGTE LAAG AAN DIE ONDERKANT VAN DIE KOEK:
'n Swak verhouding tussen bestanddele.

HARDE KORS:
'n Swak verhouding tussen bestanddele.

VRUGTE SAK AF IN VRUGTEKOEK:
Vrugte en meel nie in die regte verhouding nie
Vrugte was nie droog nie
Oondtemperatuur was te laag
Deeg was te slap
Te veel rysmiddel gebruik.

GATERIGE TEKSTUUR:
Beslag te veel geroer na meelblom bygevoeg is
Bestanddele van 'n swak gehalte
Oondtemperatuur te hoog
Rysmiddel nie goed ingevou nie
Beslag was te styf.

GEBARSTE BO KORS:
oondtemperatuur te hoog
Te veel deeg in pan
Te veel rysmiddel
Beslag te styf
Eiers te veel geklits.

KLAM, KLEWERIGE KORS:
Te veel suiker
Deeg te slap
Baktyd te kort.
Wenke: Elsie Slabbert
Plasing: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/oplossing-vir-koek-wat-met-n-punt-rys.html 

1 comment:

  1. PLAN MAAK SIN. Maar wat as ek bv kolwyntjies of so iets bak?
    In my 77 jaar het ek al in baie oone gebak, maar alles ryd met n punt. Gaan die raad probeer.

    ReplyDelete