Friday, 30 May 2014

SAMPIOEN EN BLOMKOOL SLAAI



**SARIE**
 genoeg vir 6
 Die slaai kan tot 3 weke in jou yskas hou as dit in ‘n lugdigte houer is
 45 ml olyfolie
 3 x 250 g-bakkies bruin en wit sampioene
 1 x 200 g-pak blomkool
 1 x 170 g-pakkie aspersiepunte, gedompel in kookwater
Marinade
 80 ml balsemasyn
 160 ml olyfolie
 2 knoffelhuisies, fyngekap
 1 hand vol koljander, fyngekap
 2 rooi brandrissies, fyngekap
 sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middel- slagpot.
Voeg sampioene by en roerbraai vir 8 – 10 minute of tot halfgaar.
Verwyder sampioene en hou eenkant.
Gooi ’n bietjie kookwater in pot.
Plaas blomkool in pot en maak toe met deksel. Stoom blomkool vir
3 – 5 minute of tot halfgaar.
Dreineer en plaas saam met sampioene in groot mengbak. Voeg aspersies by.

Marinade
Meng asyn, olyfolie, knoffel, koljander en brandrissie goed.
Gooi oor gaar groente en meng deur.
Geur goed met sout en peper.
Laat marineer in yskas vir 2 – 3 uur en sit voor as slaai.30/5/14