Friday 16 May 2014

WILLIE SE FRIKKIES


WILLIE SE FRIKKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/willie-se-frikkies.html
Maggie De Castro

Ek het toe Willie se frikadelle gemaak en dit is regtig heerlik!
Maklikste Frikkadella ooit:
Maalvleis R50 sin, een pakkie bruin uiesop poeier en een klein houertjie natuurlike yogurt. Meng liggies met `n vurk, bak frikkies oop in oond 180° tot gaar. Heerlik.
(Willie J Smith)15/5/14 




Maklike Frikkadelle
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/willie-se-frikkies.html
500g  maalvleis
1 pakkie bruin uie sop
1 klein bakkie plain yoghurt

Metode
Meng alles en plaas frikadelle in vuurvaste skotel in oond sonder enige water. Bak in matige oond tot gaar






Gerdine van Rooyen
Lekkerste Frikkadele:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/willie-se-frikkies.html

Kom uit Amore Bekker se resepte boek.
Bestandele:
500g van jou gunsteling frikkadelmengsel of resep.
Sous:
*125ml (halwe koppie) bruinsuiker
*30ml (2e) mielie blom
*10ml (2t) aangemaakte mostert
*15ml (1e) gesmelte botter
*125ml (halwe koppie) asyn
*250ml (1k) tamatie sous
1. Rol klein frikkadelletjies van die mengsels en pak dit rou in 'n oondbak.
Voorverhit die oond tot 180°c
2. Sous: Roer intussen al die bestandele in 'n kastrol saam. Bring oor matige hitte tot kookpunt en prut vir 5min saam terwyl dit geroer word, en die sous verdik.
3. Skink die sous oor die frikkadelle. Bak in die oond vir 40min of tot goudbruin en gaar.*.

Hilda Dates Steyn
MAKLIKE FRIKADELLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/willie-se-frikkies.html
500 gm maalvleis
1 ui gekap

2 tamaties gekap
1 koppie jungle oats

2 eetlepers tamatiesous
1 eetlepel worcestersous

2 eetlepels blatjang
1 eier

SOUS
1 pakkie bruin uiesop-poeier
500 ml water

METODE
1. Meng alles,[behalwe sous} rol frikadelle en sit in ‘n oondbak met ‘n deksel

2. Meng sous en gooi bo-oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir een en ’n half uur.
09/06/2015

No comments:

Post a Comment