Monday 16 June 2014

HOENDERSOP


Hoendersop met spaghetti
Deur Huisgenoot Digitaal

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, in kwarte gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 suurlemoengras, fyn gekap
1 brandrissie, fyn gekap
125 ml (½ k) koljanderblare, grof gekap
4 ontbeende hoenderborsies, in stukkies gesny
200 ml gekoopte botterhoendersous
2 blikke (400 g elk) klappermelk
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
sout en vars gemaalde swartpeper
1 rooi soetrissie, in repe gesny
500 ml (2 k) gaar spaghetti
ekstra koljanderblare vir garnering
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer, suurlemoengras, brandrissie en koljanderblare ’n minuut tot geurig.
Sit die hoenderstukkies saam met die uimengsel in die kastrol en roer tot net gaar.
Sit die res van die bestanddele behalwe die rooi soetrissie, spaghetti en ekstra koljanderblare in die kastrol en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 3 minute tot geurig. Sit die soetrissie by en geur na smaak.
Deel die spaghetti tussen sopbakkies en skep die hoendersop oor die spaghetti. Garneer met koljanderblare en sit voor terwyl die sop lekker warm is. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/hoendersop.html

No comments:

Post a Comment