Tuesday 17 June 2014

BROODBOLLETJIES - HOTDOG BOLLETJIESBROOD



HOTDOG BOLLETJIESBROOD
1 Spardeeg
4 Rooiworsies of 6
1 ui baie fyn in ringetjies gesny
½ Groensoetrissie in repe gesny
1 Blikkie Italiaanse tamatie mix
½ k swart olywe gekerf
Plaas foil in jou pan en smeer dit met n bietjie olyfolie
Braai jou tamaties en helfte soetrissie en olywe in n pan tot amper droog en laat afkoel
Rol nou jou deeg uit en sny in 4-6 lang strole
Smeer mosterd in die middle op en pak jou uie, soetrissies op
Neem nou jou worsie en rol dit lekker styf toe en druk die las kant in n bietjie olyfolie en pak in jou pan hou so aan tot almal klaar gemaak is..tussen jou rolle smeer met jou hand n bietjie olyfolie in
Gooi nou jou tamatiemengsel in die openings en ook bo-oor
Strooi lekker kaas oor….hier het ek Mozzerella en cheddar gebruik en laaste so n bietjie growwe broodkrummels oorgestrooi en bietjie growwe sout
Bak in voorverhitte oond * 210*C vir 35min. en nog so 10min op 160*C
Regtig baie lekker ..N.S>jy kan op jou worsies enigiets opsit net wat jy wil..Helena Kruger 17/06/2014 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/hotdog-bolletjiesbrood.html




No comments:

Post a Comment