Friday 27 June 2014

KANEELKLUITJIES

Kaneelkluitjies

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

KLUITJIES
250 ml (1 k) bruismeel
knippie sout
2 ml (½ t) fyn kaneel
45 ml (3 e) botter
1 eier, geklits
15-30 ml (1-2 e) melk
STROOP
500 ml (2 k) water
250 ml (1 k) suiker
60 ml (¼ k) suurlemoensap
30 ml (2 e) gouestroop
2 ml (½ t) fyn kaneel
45 ml (3 e) botter
  1. KLUITJIES Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter liggies in.
  2. Klits die eier en melk saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng tot ’n sagte deeg vorm.
  3. STROOP Verhit al die bestanddele tot kookpunt in ’n kastrolletjie. Roer tot die suiker
  4. opgelos is.
  5. Knyp stukkies deeg af en plaas in die kokende stroop.
  6. Bedek en kook sowat 20 minute tot die kluitjies gaar is. Sit voor saam met roomys of vla.
WENK
Die kluitjies is gaar as ’n skerp mes skoon uitkom as jy dit in die middel van die kluitjie druk.*27/06/2014 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/kaneelkluitjies.html

No comments:

Post a Comment