Saturday 28 June 2014

SNOEKBROOD


Snoekbrood

Sit die warm brood voor met regte botter en tuisgemaakte appelkooskonfyt.

Genoeg vir 1 groot brood

• 45 ml heuning
• 100 ml louwarm water
• 250 ml karringmelk
• 60 ml olyfolie
• 10 g kitsgis
• 500 g (890 ml) koekmeel
• 10 g sout
• 1 x 200 g-pakkie gerookte snoek,
fyngevlok en grate verwyder

Plaas heuning, water, karringmelk en olie in bak van elektriese menger. Voeg res van bestanddele by en meng tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie 5 – 8 minute of tot die deeg glad is. Plaas deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is. Maak bak toe met kleefplastiek en laat rys 30 – 40 minute op warm plek tot dubbel in volume. Verdeel deeg in 12 porsies en rol in ronde balle met handpalms. Spuit ’n broodpan van 20 x 10 cm met kleefwerende kossproei. Pak rolletjies styf teenmekaar in pan en laat weer rys op warm plek tot dubbel in volume. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Bak rolletjies 25 – 30 minute of tot brood goudbruin en gaar is. Laat afkoel op afkoelrakkie.*Sarie Kos*28/06/2014**http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/snoekbrood.html

No comments:

Post a Comment