Thursday 5 June 2014

KONDENSMELKGLASE


Kondensmelkglase

Lewer 4 glase of ’n tert van 25 cm
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

1 blikkie (385 g) kondensmelk
385 ml melk
385 ml water
40 ml (8 t) vlapoeier
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk

As jy ’n tertbak gaan gebruik: Smeer ’n bak van 25 cm.
Meng die kondensmelk, melk en water in ’n kastrol en laat kook.
Los die vlapoeier in ’n bietjie water op, meng met ’n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel. Roer goed tot dit verdik het en begin kook. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
Plaas ’n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak. Giet ’n laag vlamengsel bo-oor. Herhaal die lae 3 keer en eindig met ’n laag krummels.
Laat 2-3 uur in die yskas stol.

WENK
Stapel vars appelliefies op die kondensmelkglase vir afronding.

Deur Huisgenoot Digitaal 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/kondensmelkglase.html

No comments:

Post a Comment