Thursday 5 June 2014

TAMATIESOP

TAMATIESOP
Bestanddele
1 groot ui - fyn gekap
2 -3 knoffelhuisies - fyngekap
30 ml olyfolie of klapper olie
20 - 30 ml rooi kerriepasta (Thai)
1 klein brandrissie
1 stok sitroengras - kap met die agterkant van ‘n mes om die geur vry te stel
2 x 410g blikke gekapte tamaties
80 g tamatiepasta
2 liter hoenderaftreksel
30 ml suiker
sap en skil van 1 lemmetjie
250 g sampioene - opsioneel
80 g botter - opsioneel

Verhit die olie in 'n pot en braai die ui en knoffel tot sag.
Voeg die kerrie pasta, brandrissie en sitroengras by en roer deur.
Voeg die tamaties en tamatiepasta en laastens die aftreksel by.
Bring tot 'n stadige prut en kook vir minstens 1 uur.
Proe en geur na smaak.
Voeg sout en peper indien nodig en lemmetjiesap by. Voeg laastens die suiker by.
Gebruik 'n stokmenger en maak die sop glad as jy so verkies.
Braai die sampioene in 'n bietjie botter en dien met die sop.
Deur: Nina Timm
Program: Oggend op RSG
Porsies: Bedien 4-6
www.my-easy-cooking.com
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/tamatiesop.html

No comments:

Post a Comment