Saturday, 7 June 2014

SJOKOLADE PEERKOEK



Sjokolade-peerkoek
deur Herman Lensing
Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.
(MAW Glutenvry) 8 – 10 porsies

• 85 g (90 ml) botter
• 85 g (105 ml) bruinsuiker
• 100 g donkersjokolade, fyngekap
• 15 ml haselneutlikeur
• 3 eiers, geskei
• 100 g haselneute, fyngemaal
• 4 pere, geskil, ontklok en in kwarte
gesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, suiker en sjokolade saam in
middelslag-pot oor lae hitte. Hou aan roer tot gladde mengsel. Verwyder
van hitte en voeg likeur, eiergele en haselneute by. Roer tot gemeng. Klits
eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by sjokolademengsel in. Voer ’n koekpan
van 30 x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
Gooi mengsel in pan. Pak peerkwarte bo-op en bak vir 45 – 60 minute.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/sjokolade-peerkoek.html