Saturday 7 June 2014

PIZZA BOLLETJIES BROOD



PIZZA BOLLETJIES BROOD
Met n tweede pak Spardeeg wat vir my le en loer elke slag as ek die yskas oopmaak besluit ek toe, Nee wat kom ons maak sommer ietsie vining en lekker
1 pak Spardeeg
Gekapte ham in blokkies
Salami in stukkies gesny
1 klein uitjie in dun skyfies gesny
½ k Groen Soetrissies in blokkies gesny
2 k Spinasie gekerf, lekker fyn
Mozzerella kaas gerasper
Olyfolie
Sout en peper
Origanum[vir bo-oor strooi]
Haal jou deeg uit die sakkie en bewerk hom op n meelbestrooide oppervlak dat hy lyk soos n dik lang wors, sny hom nou in stukke tot sy end
Meng al jou bestd. In n bak en gooi so n klein bietjie olyfolie oor sodat dit klam is[n.s>hier kan jy so 2 e Pizza sous inmeng i.p.v die olyfolie]
Smeer jou bakskottel of pan met n klein bietjie olie
Gooi olyfolie in n ander bakkie en doop nou jou stuukies deeg daarin [ nie te veel olie nie]
Plaas elke sny deeg plat en die ander een weer op sy sy in jou pan tot almal inpas
Nou neem jy jou vleis -groentemengels so bietjie vir bietjie en druk dit tussen die openinge van die deeg in [werk dit maar lekker orals in julle sal sien as jy begin,dat elke deeg bolletjie amper al sy kante vleismengsel om het
Strooi nog Mozzerella kaas bo-oor en sprinkle Origanum oor
Plaas in jou voorverhitte oond 210*C en bak dit so 30min en draai dan die hitte af na 160*C en bak nog so 10min…Steek n sosatiestokkie in jou deegbolletjie en kyk of dit skoon uitkom dan is alles perfek..HEERLIK VERBY..Breek vir jou n Bol of twee uit en eet lekker **6/06/2014

No comments:

Post a Comment