Saturday 7 June 2014

SUIKERMIELIEKOEK


SUIKERMIELIEKOEK  (Vegetaries)
Bereiding: 10 min.
Bak: 30 min.

6 eiers
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) botter
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
1 x 410 g-blik heelpit-suikermielies

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n ronde oondbak met ’n deursnee van 23 cm.
Klits die eiers en suiker saam tot wit en donsig.
Voeg die botter by en klits 1 min. Sif die meel, bakpoeier en sout by die mengsel in en vou tot goed gemeng.
Vou die mielies in en giet die mengsel in die bak. Bak 30 min. Sit voor met spekvleis, kaas en esdoringstroop of met braaivleis. 


Deur Huisgenoot Digitaal 
Emmarentia Furstenber van Krugersdorp sê haar man het ’n suikertand en dié koekbrood is altyd ’n wenner. Wanneer haar man haar oor naweke met ’n braai saam met vriende verras en sy niks berei het nie, kom dié bykos altyd goed te pas.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/suikermieliekoek.html

No comments:

Post a Comment