Saturday 7 June 2014

SOUTKAASKOEK


SOUTKAASKOEK
Genoeg vir 8-10 mense
Bereiding: 30 min.
Verkoel: 4 uur

1 pakkie (200 g) waterbeskuitjies, gekrummel
botter, genoeg vir aanklam
2 groot avokado’s, geskil en ontpit sap en skil van 1 suurlemoen
sout en peper
2 blikke (187 g elk) tuna, in water verpak, goed gedreineer
80 ml ( k) mayonnaise
2 klein rou bete, geskil en fyn gerasper
2 230 g-bakkies gladde roomkaas
80 ml ( k) room krummels
vars roketblare

Voer ’n 20 cm-losboompan uit met kleefplastiek.
Meng die beskuitjies met net genoeg botter om dit bymekaar te hou.
Maak die avokado’s fyn met die sap. Geur met die skil, sout en peper.
Meng die tuna, mayonnaise en beet.
Meng die roomkaas en room.
Druk ’n laag krummels in die pan. Skep die tuna, dan die avokado en dan die roomkaasmengsel oor. Sprinkel krummels oor. Verkoel minstens 4 uur.
Ontvorm op ’n bord en rond af met die roketblare.


Deur Huisgenoot Digitaal 
Lindi Sternberg van Groenpunt, Kaapstad, verkies kook bo bak. Haar vriende is gek oor haar ongewone kookstyl met sy gesonde aanslag. Sy pas graag ou resepte aan om dit gesonder te maak. Dié soutkaaskoek was so een. Haar ma het dit gereeld gemaak. Daardie tyd is die tuna met koskleursel gekleur, maar sy verkies om dit met beet geur en kleur te gee. Sy room daarvan om ’n vegetariese bistro te begin.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/soutkaaskoek.html

No comments:

Post a Comment