Friday, 6 June 2014

MARMITE TERT


Kaas en Marmite Tert
Oond 180 gr C.
Verhit 125 ml melk en 1 en halwe E botter.
Klits saam:
 2 groot eiers en 125 ml suiker.
Sif 1 k koekmeel en 2 t bakpoeier, kwart t sout saam.
Vou in eiermengsel en roer melk en botter mengsel by.
 Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute tot gaar.
Gooi volgende sous bo-oor sodra tert uit oond kom:
Smelt 2 hoog vol E margarine of botter, 2 E Marmite in mikrogolf oond.
Sprinkel fyn gerasperde kaas bo-oor solank tert nog warm is. Bedien dadelik.*Radio Namakwaland http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/marmite-tert.html