Tuesday 8 July 2014

AARTAPPELSOP

Liana Barnard Claassen 
AARTAPPELSOP
1 ui fyngekap, 
lekker stuk sopvleis. 
Kook dit saam tot die vleis sag is en kerf die vleis dan fyn. Terug in die pot saam met n gerasperde wortel en so 
1kg aartappels. 
Kook lekker sag en druk dan die aartappels fyn. Sout en peper na smaak en vars pietersielie. Die sop kook n halfuur as jy hom in die stoompot maak!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/aartappelsop.html


Andre Adriaan Esterhuizen

ADRIAAN SE AARTAPPELSOP
4 medium grootte aartappels, geskil & in stukke gesny
100-125g gerookte spek
1 ui, fyngekap
½ k witwyn
150ml vars room
1 t gekapte vars tiemie
sout & peper, na smaak

Plaas die aartappels in 'n kastrol, bedek met kouewater en kook tot gaar. Dreineer die aartappels en behou ½-1 koppie van die vloeistof. Verwerk aartappels liggies tot gladde puree (moet dit nie oorwerk nie). In 'n groot kastrol braai die spek en uie tot gaar, sonder kleur en voeg by die aartappels. Voeg die kookvloeistof, wyn, room en tiemie by en geur met sout en peper na smaak. Bedien warm.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/aartappelsop.html 



ANNA SE AARTAPPELSOP      
RSG
3 eetlepels botter
1 koppie preie, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 groot aartappels, in blokkies gesny
1½ liter water
1 tamatie, opgekap
2 seldery stingels, opgekap
2 eetlepels pietersielie, opgekap
1 lourierblaar
sout en peper
1½ koppie dun witsous
rooipeper of cajun speserye
2 eetlepels brandewyn

Braai preie en ui in botter tot sag.
Voeg nou die seldery en pietersielie, sout en peper by en roer vir 2 minute.
Voeg nou die res van die bestanddele by, behalwe die witsous en die brandewyn.
Laat dit prut totdat die aartappel sag is en verpulp dit.
Plaas terug in 'n kastrol en voeg die witsous en brandewyn by.
Verhit.  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/aartappelsop.html 

No comments:

Post a Comment