Tuesday 8 July 2014

MAALVLEISBROODJIE

Maalvleisbroodjie
6 Porsies

100 ml olyfolie
250 g spek
1 kg bees maalvleis
5 ml naeltjies
5 ml rooipeper
5 ml swartpeper
4 knoffelhuisies
20 ml vars tiemie
20 vars koljander
20 ml vars basilliekruid
8 saggekookte eiers
375 ml gerasperde mozzarella

Voorverhit oond tot 180ºC
1. Meng al die droë bestanddele en voeg by die maalvleis. Sny die ui en knoffel op in klein blokkies en meng dit ook met die vleis.
2. Voer ‘n broodpannetjie uit met tinfoelie, en voer dan ook uit met die spek.
3. Meng die olyfolie met die maalvleis en pak ‘n dun lagie vleis bo-op die spek.
4. Kook die eiers net vir drie minute en gooi dit dan in yskoue water en laat staan vir 5 minute. Dop dit af en plaas dit bo-op die maalvleis in die middel van die pannetjie. Plaas die res van die maalvleis bo-op die eiers.
5. Bak vir 30 minute en gooi dan die mozzarellakaas oor die broodjie en bak vir ‘n verdere 10 minute.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/maalvleisbroodjie.html 






VINNIGE VLEISBROODJIE              
Halwe pak (125 g) spekvleis, gebraai
2 snye volgraanbrood
15 ml heelkorrelmosterd
1 wiel fetakaas
500 g beesmaalvleis
2 eiers
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n kleinerige broodpan goed met olie en voer uit met ’n lang reep bakpapier. Kap die gaar spekvleis fyn in ’n voedselverwerker. Voeg die brood, mosterd en fetakaas by en verwerk tot fyn.
Meng goed met die maalvleis en eiers. Geur na smaak met sout en peper en meng weer goed. Skep die mengsel in die uitgevoerde pan. Vou die bakpapier toe oor die vleismengsel. Bedek die broodpan met foelie en bak vir 1 uur tot ferm en gaar.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/maalvleisbroodjie.html 

No comments:

Post a Comment