Tuesday 15 July 2014

BUDGET ETES


BUDGET ETES
Fried Rice

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html

By Anne Coleman

Leftovers are boring, blah and take up too much refrigerator space, right? I don't think so. I often make extras just for the sake of having leftovers for other dishes. Rice is one of those leftovers I look forward to morphing into a whole new dish. Leftover rice is a great and frugal filler, delicious with gravy, yummy under chili and perfect in my very favorite leftover rice dish: fried rice.
While there are versions of fried rice made with just-cooked rice, I find that I get the best results from rice that has been cooked and left to chill overnight. This recipe is the most basic, with optionals and notes added on ways to make it even more delicious.
Hands-On Time: 10 minutes
Ready In: 10
Yield: 4 servings
Ingredients
4 cups cold cooked rice
4 tablespoons soy sauce
1 clove garlic, minced (optional)
2 tablespoons thinly sliced green onion
2 cups cooked and cubed chicken (optional)
2 cups cooked veggies (optional)
2 tablespoons neutral oil, such as vegetable or canola
Directions
Heat a wok or large non-stick skillet over high heat.
When oil starts to "shimmer", turn the heat to medium-high.
If using garlic and/or green onions add to oil now and stir.
Add chicken and vegetables if using and mix well.
Quickly add rice and continue to stir until rice is separated and coated with oil or mixed evenly with chicken and veggies.
Sprinkle soy sauce over rice and stir until distributed well throughout rice.
*Ingredient Tips
Almost any veggie can be used -- we like frozen green peas or snow peas and julienned carrots. Beef, pork or shrimp are all good protein ideas. Make sure they are bite sized pieces and are cooked well before adding. Garlic is optional because it is not the norm for fried rice. I find it lends a delicious depth to the finished dish. Freshly grated ginger and a bit of sesame oil added with the neutral oil are nice additions.* .


Dalene Brits
Ek plaas 'n paar BUDGET ETES RESEPTE
Ongelukkig nie fotos beskikbaar nie en ook nie altyd die bron nie:
.

BUDGET ETES NO 1


TUNAGEREG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html
Bedien 4 mense
Bestanddele:
1 blikkie tuna in olie, fyngemaak
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddarkaas
2 eiers
30 ml meel
1 teelepel sout
1 teelepel mosterd
200 ml melk

Metode:
Braai ui in die olie van die tuna.
Laat afkoel en meng dan met tuna en kaas, en sit dit in tertbak.
Meng 2 eiers met meel, sout, mosterd en melk.
Gooi oor tuna en ui in bak.
Bak vir 30 minute teen 180 grade.
Heerlik met 'n groen slaai en vars broodjies!* .


HAWE SARDYNE
Bestanddele:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html
1 koppie rou skulpienoedels
410 g blik sardyne in tamatiesous
½ ui, gerasper
Kaas
Wit Sous [sommer die pakkies]
Visspeserye
Rooi Peper
Metode:
Kook noedels gaar.
Meng sardyne met ui en visspeserye.
Maak 2 koppies witsous met gekapte pietersielie en rooi peper
apart.
Pak gaar noedels onder in vuurvaste bak, dan 'n laag vis, laag
witsous, weer 'n laag noedels, en weer witsous met gerasperde
kaas bo-op.
Bak teen 180ºC, oop, vir 20 minute.17/7/2014 * .


Frikkie du Toit

FRIKKIE SE VINNIGE CHAKALAKA GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html
Hierdie resep is 'n maklike,vinnige en min onkoste resep vir enige mens wat nie baie tyd of min geld het.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html
Benodighede:
1x klein blikkie chakalaka (verkieslik die 1 met die sweetcorn daarin)
1x klein pakkie maalvleis
halwe pak macoroni of spagheti.
Voeg als bymekaar in 'n groterige pot,voeg kookwater by,1 en 'n halwe teelepel sout,moenie te veel water byvoeg nie,voeg 'n eetlepel magarine by,laat staan om te week vir ten minste 10min,na 10 min kan als op 'n lekker warm stoofplaat of 'n gasstoof plaat geplaas word en gekook word. Kook vir 30min op 'n elektriese stoofplaat of 25min op gasstoofplaat,moenie laat als te droog kook nie,moet 'n effense sousserigheid hê. Moet nie baie sousserig wees nie.
Hierdie is my eie resep wat ekself geprobeer en getoets het op 'n baie langpad Pretoria toe.

Plasing: Frikkie van Watertand resepte
.




Thea Beukman
Hello julle, sal jul my asb help met budget resepte.

Lizette De Jongh
Chicken livers 
altyd n wenner en spotgoedkoop.saam n gebakte artappel en as jy wil bietjie suur room bo op. jy sal vir jou hele familie n konings maaltyd gee vir minder as R30.

Fiks En Gesond
 haai thea!ekt die resep hier gekry,dis nie so duur en lekker!!!n joghurt tert! 1 pakkie tennis bisciuts,1kg joghurt (enige geur) en 1 blikkie kondens melk.....crush koekies sit biekie gesmelte botter saam en druk vas in microwave safe bak,meng joghurt en kondensmelk,en gooi bo oor koekie laag,druk in microwave vir 4 tot 5 min op hoog,laat afkoel en druk in yskas vir paar uur,dis lekker!!!ekt die darling caramel joghurt gevat en sommer mint crisp choc na die tyd oor gesprinkle was lekker

Ria Jacobs
Lizette ek maak my hoenderlewers as volg. laat dit n uur of so le in melk dan dip ek dit in meel wat gegeur is met speserye sout en pepper en dan in eiers en dan in broodkrummels wat ek maak van brood wat ek in die oond droog en dan fyn maak. bak dit in olie op die stoof en dis heerlik saam met mash waarin ek bietjie kaas rasper as ek het. Ken van swaarkry. Ek maak ook pap en as dit afgekoel is maak ek balletjies met klein stukkie wors of vienna of kaas of wat ek ook al het dip in eier en dan in broodkrummels bak i n olie. Maak sheba van tamatie en uismoor of gekapte tamatie en uie en n pakkie bruinuiesoppoeier gemeng met water

André Potgieter
 Ai Thea soek kos, nie koekies nie. Thea, koop R20 wors, braai 1 ui opgesny, voeg wors by, braai nog n biekie. Voeg 4 koppies rys by en 2 aartappels in blokkies gesny. Kook alles saam Vol maar die aartappels en die rys proe jy. As alles lekker sag is en die water opgekook, skep op....Voeg sout na smaak by terwyl dit alles kook..

Fiks En Gesond
ag jammer nie besef jy soek aandetes nie ,dog ne sommer iets "lekker" maar ek glo dat thea sal ENIGE maklike goedkoop resepte waardeur andré

Judith Catherine DeWet
Maak macaroni en kaas maar strooi net klein bietjie kaas bo oor, maak bietjie maalvleis, gaar meng pasta ,bietjie witsous tamatiepuree, meng alles saam, strooi bietjie kaas oor, dit is mos maar n luukse vir baie van ons en bak. Baie lekker ook as dit oorgestaan het. Sterkte Thea.


André Potgieter Fiks En Gesond, ek weet van swaar trek. Was gister eers Spar toe, vandaar gestap na Shoprite. Alle items se pryse is tussen 50c en R2 duurder !! Judith Catherine DeWet, of so n paar viennas opgesny saam kook ipv maalvleis.

Karlien Jacobs
Jaffels with left over food

Cottage pie

Wors and mash and gravy

Snackwiches

Soup with home made bread

Bulk up mince with oats

Mince pies

Surprise pies-see what u get-different fillings

Kook kool, uie en aartappels.Druk fyn. Meng bully beef of maalvleis deur. Maak stywerige witsous en roer ook by kool. Skep in oondvaste bak, rasper bietjie kaas oor en bak in oond.

Mac 'n cheese
Savoury rice

Aartappelblokkies, uie gesnipper, wortels in blokkies en hoenderborsies gemeng in oondbak. Bruinuiesop bo-oor. 2 blikkies Stoney oor. Deksel op en oond toe.

Breakfast-eier,wors of spek en toast
Toast met tamatie wors smoor

Fiks En Gesond
Karlien daai toast met tamatie en wors smoor is maar vrek lekker !!!yum!!

Karlien Jacobs
Sny wors in stukkies maak wors met ui en bietjie water gaar gooi olie uit as dit gaar is gooi bietjie bruinuiesop kook macaroni tot gaar maak witsous meng alles sny tamatie bo op en kaas sit in oond tot kaas gesmelt is bedien met slaai

Ek is baja lief om oorskietkos te 'herwin'. En die beste manier is snackwiches maak van left-overs. Die tweede manier (en my gunsteling) is om fritters te maak. BV

Rys: 2 koppies gaar rys - rasper in:
Een Tamatie en halwe ui
Voeg 'n koppie meel, een eier, sout en peper (en watter spersery jy like) by.
Vorm frikkadelle (platgedruk soos burger patties) en braai in pan. Oor medium hitte tot goudbruin.

Mash: Presies dieselfde.

In albei gevalle kan jy ander oorskietkos byvoeg of self kaas of viannas of wat jy het.

Dis baja 'versatile' en kort net 'n tjop en 'n slaai en ete is gereed!!!!

Potato curry-make as if u making beef or chicken curry but just use potatoes instead. Serve with rice or samp or use it for bunny chows.

Braai uie en tamaties. Sny wors op en braai. Gooi aartappels by en maak kerrie sous. Bedien met rys of pap-goedkoop boerewors kerrie

Eiers-versatile-roereiers, omelet u name it

Spaghetti with cheese sauce, tomato paste and garlic-delicious

Spicy rice-sauté onion, greenpepper, garlic and any veggies you have. Add spices and bacon if u have. Use chutney or worcester sauce and mix with rice when done. Filling.

Pasta with chopped up tomatoes and onions with garlic and a bit of cheese-great sauce

Avo on toast suppers

Toast with scrambled eggs

Buns with cold meat

Curried eggs on toast

Krummelpap

Vetkoek with cheese or apricot jam

Tomato and cheese open sandwich made in oven till the cheese melts


Celeste Van Zyl
Thea hier is n lekker resep wat jy kan strek dit voed maklik 4 mense..
Varkworsgereg
Bestanddele :
varkwors daar is gewoonlik 8 in n pak..
halwe kool ..
1 ui...
4 wortels...
2 groterige aartepels in blokkies gesny.....
halwe koppie rys.....
aftrekblokkie as jy het vir geur en
sout en peper na smaak en
knoffel na smaak..
Metode...ek plaas dit als in net een pot.....smoor jou uie met die knoffel en plaas jou worsies so n paar min in en al weer uit ( tot die pink van die vleis bietjie gebraai het)...haal uit..plaas jou kool, wortels in en prut vir n halfuur ..sit dan jou rys en aftreksel in ek gooi so n bietjie water by sodat die groente kan kook nie te veel nie sodra die rys gaar is plaas die wors terug en maak jou deksel toe en kook tot jou wors gaar is.....skep en geniet dit is baie lekker en kan dit rek.....

Ria Jacobs
BROOD EN KAASGEREG
8 snye brood
50ml botter of margarien
40ml Marmite
4 eiers
500ml melk
5ml sout
1ml peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
2 tamaties, in skywe gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
50ml gerasperde kaas

Stel die oond op 180C. Smeer die brood met die smeer en die Marmite. Sny die brood in blokkies. Klits die eiers, melk, sout,peper, mosterd en rooipeper saam. Smeer ‘n oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5 liter en rangskik die helfte van die brood blokkies op die bodem. Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood en strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae. Gooi die melkmengsel bo-oor en laat week 20 minute lank voordat dit gebak word. Bak vir 30 minute lank in ‘die voorafverhitte oond. Kan ni onthou op watter bladsy dit was nie.

Quinze Cave
Maak alles in bulk Thea Beukman  Ek maak 'n groot pot kerrie en vries dit, kos my net so oor die £5 (skuus, ek is in Engeland!!, so, R80 dink ek?) en ek kan amper 8 maaltye uitkry. OF, koskas spaghetti is altyd 'n wenner, sommer 'n saamgooi van alles wat ekstra oor is . Baie sterkte jong, ek bid dat Liewe Jesus sy seen oor julle bring!

Thea Beukman Baie danki vir al die resepte sover en die snaakse goedjies. Dit hoef nie net kos te wees nie. Enige iets want mens het soms daai ietsie lekkers ook nodig.

Annemarie Hawkins Sorry tussen boksburg en benoni is n plek met die naam Rebel. Hulle verkoop produkte soos pasta 3 vir R20.00. Ook blikkies en ander goed, hulle groente en vrugte is ook goedkoop. Hulle hoender en varkvleis is ook goedkoop. In Pomona is daar n plek- Piet se plotshop- wat ook blikkies en skoonmaak goed baie goedkoop verkoop. Vries jou brood en haal net uit wat jy nodig het. As my bottels seep en sjampoe leeg is, trek n bietjie water op en jy sal verbaas wees hoeveel jy nog uitkry. Ek koop ook kaas en rasper en vries en haal net bietjie op n slag uit


Liezl Brandt Braai
maalvleis en uie, spice dit (maar nie te veel nie), voeg blik tamatie en uie mix by, bietjie tamatiesous en chutney as jy wil, 2 eetlepels suiker. Kook enige pasta tot gaar, spoel af en voeg by maalvleis mengsel. Ek maak 'n groot pot vol, sit dit...See More

Quinze Cave Hi annemarie hawkins, ek like al jou raad hoor! Ek is 'n vries fanatic en koop alles in bulk, tot ons melk!

Thea Beukman Liezl ek ken daai resep. Jy kan die pasta en maalvleis mengsel uitgooi in 'n glasbak en witsous oorgooi en kaas op rasper. en dit dan bak.

Liezl Brandt
Ek gebruik my maalvleis mengsel net so. Ons is nie mal oor witsous en kaas nie. Jy kan wel net kaas oorstrooi en dit so bak in die oond ook. Soms gooi ek eier oor en bak dit.

Liezl Brandt Thea, jy kan die pasta uitlos, en klein kooltjies vul met die mengsel asook gem squash'ies. en dit so bak in die oond ook.

Annemarie Hawkins
Dankie Quince, ons maak kos vir straatblyers, so alle oorskiet word in houertjies gepak en gevries, ek glo ook as jy mince, kaas, pasta en tamaties in die huis hrt is jy ok

Liezl Brandt
Braai mince met uie en gekapte tamaties en mushrooms (as jy dit eet). Kook pampoen of gems tot gaar. Pak dit in 'n oondvaste bak in lae - eerste pampoen en dan vleis. Strooi kaas oor as jy verkies en bak vir 15-20 minute in die oond. Dit is gesond en heerlik.

Ansi Fourie Pypers Fourie ek weet nie wie van julle het die ou " Randrekker " resepteboek nie, wel daar is baie lekker goedkoop resepte in , van vis tot poeding !

Dalene Brits Wat laat julle dink ons was al almal in 'daardie' bootjie?

Dalene Brits .
VORIGE BESPREKING
Lekker tuna pasta ! Wat ver strek.
1 pak skulpie noodles
2 blikkies tuna ( soliede stukke in olie )
1 blik uie en tamatie smoor.
1lt witsous gegeur met aromat ruim gesprinkel en
2koppies sterk cheddar kaas of meer vir bo-oor gooi.
Dreineer tuna en vlok hou so bietie van die olie. Maak dit warm saam met ui en tamatie smoor. Kook en dreineer skulp noodles meng alles saam plaas in oondskottel en sit kaas bo-op. Voeg sout en peper na smaak by. Maar gebruik aromat ruim. In wit sous. Bak vir so 30min teen 180
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html


Isobel Odendaal
MOENIE SKRIK NIE, HIERDIE IS HEERLIK!!!

Pilchards Bobotie
2 x 425g can Lucky Star Pilchards in Chilli (or regular one in tomato sauce)
2 thick slices white bread
½ cup milk
2 onion, finely sliced
2 carrots, coarsely grated
2 garlic cloves, crushed
oil for frying
1 teaspoon curry powder
3 tablespoons chutney
2 tablespoons smooth apricot jam
1 egg, lightly beaten
salt and ground black pepper

TOPPING
2 eggs
½ cup milk
6 lemon leaves

Method:

Heat the over to 180°C. Break the pilchards into large chunks in their sauce with a fork. Shred the bread in the milk, then shred.

Fry the onion, carrot and garlic in a little oil in a medium saucepan until golden brown. Stir in the curry powder. Remove from the heat and the pilchards, bread, chutney, apricot jam and beaten egg. Season with salt and pepper. Mix everything gently together. Transfer the bobotie to a casserole and smooth the surface.

TO MAKE THE TOPPING: beat the egg into the milk, and season with salt and pepper.

Pour onto the bobotie, garnish with lemon leaves and bake uncovered for about 30 minutes until the topping is set and golden. Serve with rice, accompanied by chutney.

Jackie Emmerson
Goeiemore julle!! Hier is nog 'n buget resep.

Pork and Beans
1 onion
Pork cut into strips
1 tin kidney beans
1 tin baked beans
1 tin butter beans

Fry onion in oil
Add the pork and brown the meat
Spice to taste
Add beans and cook until done

Serve with rice or bread
6 hours ago · Like · 1

Thea Beukman Ansi dis nie dalk in pdf nie
6 hours ago · Like

Joyce Koen Gonna..met 3 kinders onder andere in skool en college..trek ek ook deesdae almal se stroppe styf in die huis..dink net vandag daaraan..jare trug het P&P in Huisgenoot sulke oulike idees gehad vi maand kos..en jou lys van wat jy nodig het om dit te koop..sal dit nie gaaf wees as party van die oulike RandRekker Vrouens hier vir ons hul weekplan en resepies kan deel..ons ok oulik kan raak..

Ria Jacobs
SPAGHETTI EN BOELIEBIEF
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper
Metode:
Kook die spaghetti gaar.
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met kleefweerder en skep die mengsel daarin.
Strooi die garasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

RESEP 5 Helena Kruger By hierdie een kan jy net Bullybeef byvoeg!!
HAASTIGE HUISVROU PASTEI
6 Snye brood
1 Blikkie Rooiworsies[ of enige koue vleis] Gaar aartappel klein blokkies gesny]
2 Eiers
2 E Gerasperde ui
2 k Melk
1 k Gerasperde kaas
1 t Aangemaakte mosterd
Knippie neut
Sout en peper
METODE:
Smeer skottel met margarien. Rangskik brood met botterkant bo.Kap Rooiworsie[of koue vleis] fyn, meng met uie en mosterd. Skep oor brood. Klits eiers met melk en geursel. Giet oor. Sprinkel kaas oor. Laat 1 uur staan. Bak in matige oond vir ½ uur

Afrikaanse resepte
RESEP 6 
Rona Swart
My ou staatmaker
BULL BEEF STEW
waaroor my kiddies gaande is:
3 blikkies bully beef
1 ui, geskil en gekap
1E fyn knoffel
3 lourierblare
5ml koljander
5ml paprika
2ml naeltjie
Sout, Peper en Aromat na smaak
4-5 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny
Metode:
Braai die uie, knoffel, saam in bietjie olie tot sag. Sny die bully beef in blokkies en braai saam met uie en res van die bestanddele behalwe aartappels tot lekker bruin. Voeg aartappels by en voeg genoeg water by om alles te bedek. Prut stadig vir so 30 min en die aartappels gaar is. Moenie te veel roer nie. As die sous te dun is, laat dit afkook of haal paar van die aartappels uit, druk fyn en roer weer terug. Bedien met rys en Mrs Balls. (Kan ook bietjie chutney in die dis gooi, indien verkies

RESEP 7
 Maré Nieuwoudt Hier is my boeliebeef resep soos my ma dit altyd gemaak het. Daai tyd toe tamaties goedkoop was en jy lekker ryp tamaties gebruik maar vandag neem ek sommer 2 blikke All Gold se Tomato and Onion relish. Hoop net ek kan dit reg verduidelik, as ek dit maak eet ons,ons trommeldik daaraan
BOELIEBEEF.
BESTANDDELE:
1 pak macaroni
2 blikke All Gold tomato and onion relish
1 klein blikkie tamatie-pasta
2 blikkies boeliebeef(ek gebruik Prima een), in klein blokkies gesny
1 ekstra ui, gebraai, net vir die smaak(kan meer gebruik maar ek gebruik net 1 siende daar uie in tamaties is).
Sout en witpeper(ek verkies wit), suiker om te versoet(moet maar proe)
Kook macaroni in genoeg kokende water, voeg bietjie sout by nie te veel, want ek gooi nie die water af nie. As macaroni net net begin sag word, gooi boeliebeef, gebraaide ui, tamatie-pasta, tamatie-relish, suiker en peper by. Laat nou stadig prut anders geneig om vas te kook onder, moet nog lekker souserig lyk want raak dikker soos dit kook. Proe maar of sout reg is anders voeg nog by. Ons geniet dit met brood met dik botter(????) en ek voeg nog peper by in my bord want vir my is dit lekkerder as daar baie peper oor is. Kan net so geniet word want dit is baie vullend.
As ons nie weet wat om vanaand te maak nie en op gedink dan kyk ons mekaar so en sê Boeliebeef en macaroni.

RESEP 8 Natasha Viljoen
 Spaghetti en Bullybeef
2 uie fyngekap
1 groen rissie onpit en in blokkies gesny
1 blikkie bullybeef in blokkies gesny
3 tamaties ontvel en gekap
1 blik geroomde mielies
5 ml basiliekruid
knippie suiker
sout en peper
1/2 pak spaghetti
gerasperde kaas
braai uie en soetrissie in olie tot sag. Voeg bullybeef by en braai tot ligbruin. Voeg tamaties by en prut tot sag. Roer mielies by en geur met kruie, suiker, sout en peper. Kook spaghetti gaar en dreineer. Meng spaghetti en beef mengsel saam. Dien op met kaas as verkies.



BEPLANNING!  BEPLANNING!  BEPLANNING!  IS DIE WAGWOORD!

Karlien Jacobs  se
Budget Etes Beplanning
Ek kom met baie min, baie vêr. Het ook so met tyd en met verskillende raad wat ek bymekaar gemaak het vir myself iets uitgewerk. Die aanvanklike voorbereiding is net baie erg, maar as als eers gedoen is vul jy net op. Jy sal jou hande saam slaan as jy sien hoe vêr jy kom en die besparings wat mens maak is ongelooflik, mits mens streng by so iets kan hou.

Eerstens koop jou vleis by die koelkamers/slaghuis direk. Dis baie goedkoper as by die Spar of Pick 'n pay ens.

Ek scan elke "special papier" wat in ons plaaslike koerantjie kom en hou daarvan om daarvolgens te beplan en te koop. Ek druk 'n kalender uit op die rekenaar sommer in Outlook vir die maand-betaal dag tot betaal dag.. Kry 'n potlood en begin jou etes uitwerk. Dit hoef glad nie eentonig te wees nie. As jy sou wou kan jy maandae bv vleisloos maak, Dinsdae maaltye met maalvleis, Woensdae maaltye met hoender, Donderdae maaltye met vark ens... Of jy kan net "mix 'n match" soos jy wil.

Die kalender word dan op my yskas geplak dan kan ek elke dag sien wat ons eet in plaas van dink/wonder wat ek moet maak.

Nadat jy jou etes neergeskryf het tel jy die aantal verskillende tipes vleis wat jy vir die disse benodig en koop daarvolgens. Maak 'n lys en skryf als neer (al die bestanddele wat elke dis gaan gebruik). Dan weet jy jy moet 5 pakke boerewors of 6 pakke hoender koop vir die maand en so gaan jy aan.

Brood en melk kan gevries word-koop vir die week en vries. Vries baie goed!

Ek maak nie lyste van kos wat in my kas/yskas is nie. Ek neem sommer 'n foto van als dan het ek dit op my foon as ek winkel toe gaan dan kan ek sien hoeveel ek oor het van elke item. Die foto's help ook wanneer jy jou menu beplan-jy kan sien wat jy moet aankoop/wat jy nie benodig nie....ek kyk net na my oop yskas en kan dadelik sien ek kort mayo of kaas of watookal. Werk soos 'n bom! Jy kan beslis niks so vergeet nie en jy koop nie onnodige goed nie!

Koop groente op special en grootmaat. Ek koop by fruit and veg of die mark. Bewerk en vries. skil als en verpak dit in 50-70g pakkies. Dis meer as genoeg vir een porsie. As jou man regtig n grooteter is maak n paar van 100g vir hom. Op die manier haal jy net genoeg uit vir die hoeveelheid mense wat eet. Selfs my vleis, ek maak hoender repies en sit dit 100g pakkies. Kook dit, vlok dit, en maak 50g en 100g pakkies. Die 50g pakkies is meer as genoeg vir hoender en mayonnaise broodjies. As jy honger is haal 'n pakkie uit, sit hom 50sek in die mikrogolf, roer 2 lepels mayonnaise in en daar het jy n baie lekker hoender en mayonnaise broodjie, tjoef tjaf.

Ek maak my mince in 2 verskillende geure gaar, meeste vaan ons eet dit werklik net op 2 maniere as jy mooi daaroor dink. Een batch maak ek kerrie vir saam rys of pasta of jaffles. Die ander ene is meer tamatie, vir spaghettie bolognaise en lasagne. Hierdie porsies maak ek 150g, meer as genoeg vir n helping. Selfs as ek omelet maak haal ek net n pakkie van my mince uit 2 min in die mikro, roer en daars hy 'n heerlike omelet onder 5min. Wanneer ek kaas op special kry (daai groot blokke 900g) rasper als op, ek maak hulle 70g pakkies, wanneer ek dan bv my omelet met die mince maak haal ek een pakkie kaas uit die vrieskas(jy kan gerasperde kaas vries) en ek sit dit bo op my mince, heerlik!
Vries 100g porsies kaas vir lasagne disse of disse wat kaas benodig.

Onthou: As jy presies koop volgens wat jou menu wys hoef jy nie noodwendig als op te kook en in porsies te pak nie maar jy kan as jy dit so wil doen...dis net riglyne...

Mushrooms ook as jy op n special kry, koop, tjop als op, en braai dit baie liggies in botter of olie en maak 50g pakkies en vries. So vir lekker vegetariese omelette, vat jy nou net een van jou gevriesde pakkies mushroom en kaas, tjop n tamatie daarby en whoa la!! Jy braai tamaatie en uie en ook en mak 100g pakkies, vir sous saam pap of iets. Jy spaar ongelooflik baie om dit so te doen, maar jy het altyd voorraad in yskas/vrieskas.

Daar word baie minder met kos gemors op die manier want jy haal altyd net presies genoeg uit. Nie net spaar jy tyd so nie, maar ook geld op onnodige items. Dis baie "tempting" om goed te koop wat mens nie eintlik moet/wil koop nie. Spaar so ook op brandstof. Ry een keer, kry jou voorraad en jy is "uitgesort".

So beplanning is die sleutel tot sukses wanneer dit kom by kos besparings. Jy kan skoonmaak middels ens so ook monitor en aankoop ens. Dit werk beslis en dis altyd lekker om terug te sit met 'n yskas of kaste "vol" kos en ekstra tyd vir die kinders/fam te hê en 'n geldjie oor te hê om hulle of jouself te bederf!
  

Karlien Jacobs  nee André ons is nie . Ek hoor jou though... Die prys van kos, brandstof en krag styg by die dag...weet nie wat van ons gaan word nie! Dis erg... Ai.



Lindie Garnham 

2 koppies self raising meel,
koppie room ( ek gebruik net so halwe kop) en
n koppie lemonade.
Mix en bak vir paar minute tot gaar teen 180. Dit smelt sommer so op jou tong. Ek probeer nog ander gaskoeldranke ook ipv lemonade. Als werk even sodawater.


Anke Weimann Hang af wat jy in die kas het.....Polonie koekies, mieliepap gereg, botter broodjies, pap koekies , korslose sout tert, pannekoek , hoender frikaddelle, gebakte eiervrug, butternut slaai, soet mielie gereg, warm kool rys gereg, uie beskuitjies, wors en rys gebak, bakebean slaai, vla en etjies, ingelegde spaghetti in tamatie sous , meat pies, left over pies, bone en Russian sop, macaroni hoender gereg , pilchards en aartappel tert , rys frikaddelle , groente muffins, tuna tert, sjoe daars Baie

Theresa Diane Johnson Bully Beef op mash, french toast, wors gebraaide tam en eie op rys, mince bunnie chow, evulde aartappels met mince, hot dogs
ona almal was al daar!!! Sterkte


Amanda Goosen Bodenstein

SPAGHETTI PIZZA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html

2 groot uie gekap
1 teelepel knoffel
4 tamaties gekap
1 pakkie 250g bacon fyngekap
80 ml tamatiesous
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel oreganum
1 teelepel paprika

METODE:

Braai uie, bacon en knoffel saam.
Voeg tamaties by en braai tot sag.
Voeg tamatiesous by. Voeg kruie en paprika by.
Kook jou keuse pasta en hou eenkant.
Meng geklitste eiers en melk (soos vir macaroni en kaas) en gooi oor die pasta. 
Plaas die sous bo op die pasta en strooi kaas oor.
Bak in oond teen 180 grade Celsius tot eier,melk gestol het en kaas lekker bruin gebak is.
Jy kan ook net die sous gebruik op enige pasta en hoef nie die melk/eiers oor te sit nie.
Jy kan ook die resep verdubbel en as jy wil so bietjie warmgoed soos Tobasco bysit vir ekstra byt.


BULLY BEEF PASTA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html

1 opgekapte ui
2 sakkies tamatiepasta (of 1 grote)
1 blik Bully Beef

SOUS:

4 eetlepels botter/margarien
4 eetlepels meel
500 ml melk
sout en peper
1 blikkie geroomde sampioene.

METODE:

1. Braai uie tot sag en voeg tamatiepasta by en roer deur.
2. Roer Bully Beef by tot sag.
3. Kook 250g van jou keuse pasta met sout en hou eenkant.
4. Roer die uie, bully beef mengsel in pasta in.
5. Roer witsous mengsel in by pastamengsel.
6. Strooi gerasperde kaas oor en bak of rooster in oond totdat die kaas bruin is.
Bedien met slaai of alleen.

VISVINGER PASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/budget-etes.html

1 Boks met 32 visvingers

Witsous:

4 eetlepels botter/margarien
4 eetlepels meel
500 ml melk
sout en peper

Sous:

1 groot ui opgekap en gebraai
3 tamaties Opgekap
1 blik ertjies

METODE:

1. Plaas laag visvingers in gesmeerde/gespuite glasbak.
2. Plaas laag ertjie, tamatie en uie bo-op.
3. Plaas laag witsous.
4. Herhaal en eindig met laag kaassous.
5. Rasper kaas bo-oor.
6. Bak in oond vir 45 minute teen 180 grade Celsius.

NB GEBRUIK GEVRIESDE OF ONTDOOIDE VISVINGERS.



No comments:

Post a Comment