Saturday, 12 July 2014

GEMMER KOOKPOEDING


Elsa du Plessis

GEMMER KOOKPOEDING OPPI STOOF

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/gemmer-kookpoeding.html
Deeg
:
1 kop meel
1/2kop melk
1eetl botter
2 eetl appelkooskonfyt
1tl koeksoda aangemaak met bietjie melk

Stroop:
2 kop water
1 kop suiker
1/2 tl gemmer
Bring die sous tot kookpunt in 'n groot pot met deksel.
Meng botter en konfyt. Voeg sout en meel by en dan die koeksoda
Skep lepels vol in kokende stroop. Sit deksel op en prut oor lae hitte vir 15minute
Moenie die deksel afhaal voor 15 min verby is nie.
Bedien warm met lekker vla of roomys.
Paar idees: vervang die gemmer met kaneel, die appelkooskonfyt met stroop of gebruik bruinsuiker ipv wit suiker

Elsie Moller
My resep sê smelt die botter en konfyt op die stoof Gooi dan die koeksoda in en roer dan die meel by en roer Die deeg maak net vir my lekkerder aan as alles klaar gesmelt is

No comments:

Post a Comment