Sunday 6 July 2014

GESONDE SJOKOLADE KOEK


Gesonde sjokoladekoek

Laekoolhidraatsjokolade-amandelkoek

400 g eiervrug, geprik met ’n vurk
400 g donkersjokolade (70%-kakao), in stukkies gebreek
50 g kakao van goeie gehalte
60 g gemaalde amandels
3 eiers
200 g rou heuning
10 ml (2 t) glutenvrye bakpoeier
2 ml (½ t) seesout
10 ml (2 t) brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer twee klein broodpannetjies of ’n losboom-koekpan (23 x 7 cm) met olie en bestuif met kakao.
Mikrogolf die eiervrug sowat 15 min. of tot heeltemal sag. Puree in die voedselverwerker tot glad.
Voeg die sjokolade by die eiervrug in die bak en meng tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 30 min.
Laat 15 minute afkoel in die pan(ne) en keer dan op ’n draadrakkie uit. Laat afkoel.
Sif kakao oor voor jy dit voorsit.
Lewer 2 kleinerigekoekbroodjies van
10 snytjies elk
Bereiding: 20 min.
Bak: 30 min.
Deur Huisgenoot Digitaal
#Low Carbs, #glutenvry     http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/gesonde-sjokolade-koek.html

No comments:

Post a Comment