Friday 18 July 2014

GRASPAN SPECIAL POEDING



Corne Viljoen

Graspan Special poeding - Tannie Jeholia
Beslag:
2 x koppies meel
2 x eiers
1 x koppie suiker
2 x eetlepels Appelkooskonfyt
2 x knypies sout
3 x eetlepels asyn
2 x teelepels koeksoda
2 x teelepels bakpoeier
2 x koppies melk

Metode:
Klits eiers en suiker tot romerig
Voeg alle bestandele by, behalwe los die bakpoeier en koeksoda in die melk op.
Voeg by die res van die beslag, meng goed en bak in gesmeerde oondbak
teen 180 grade C vir 1 uur. ( hierdie poeding is op sy beste as die hoeke gebrand is, so moenie daaroor bekommer nie)

Sous:
1 x koppie suiker
1/2 x koppie kookwater
1 & 1/2 koppie melk
1/4 x pond botter
1 x teelepel vanilla essence
Kook alles saam en gooi oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.
WENK:
Bedien met room of roomys. (PS: Jy kan die bestandele halveer en kleiner poeding maak, werk net so goed)
Geniet julle!

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/graspan-special-poeding.html

No comments:

Post a Comment