Thursday 24 July 2014

HELENA SE BROODPOEDING MET APPELS

HELENA SE BROODPOEDING MET APPELS
Daar is nogal n storie agter my BROODPOEDING, 43jr gelede moes ek Prakties Huishoudkunde doen met n Broodpoeding [Ja ek het dit pragtig gemaak vir my ouers]Maar toe kom die dag van Prakties eindeksamen en ja dit wou nie stolnie[ set] Helena het vergeet om haar eiers by die melkmengsel by te voeg
My verleentheid was so groot dat ek nog nooit weer in my lewe Broodpoeding gemaak het nie
Met baie moed en insperasie het ek dit na 43jr toe maar gisteraand gemaak *Heerlik was dit en die
YS IS GEBREEK* Helena Kruger
HELENA SE BROODPOEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/helena-se-broodpoeding-met-appels.html

12 Snye wit brood[ korsie aan]
Botter
Appelkooskonfyt
1Blikkie Tertappels[ gemeng met so n bietjie bruinsuiker en kaneel]
Roommengsel
6 eiers
1x250ml Room
500ml Melk
80ml Bruinsuiker
klein knippie sout
Smeer jou snye brood met botter en aan die eenkant appelkooskonfyt
Plaas opmekaar en sny dit in 4 kwarte
Smeer jou oonpan met botter en pak jou kwarte mooi regop langsmekaar in die pan
Tussen elke kwart voeg jy n bietjie van jou appelmengsel in
Klits nou jou roommengsel alles saam en gooi dit stadig bo-oor jou brood in jou pan[ sorg dat almal lekker nat is]Sprinkel lekker Bruinsuiker bo-oor en laat rus vir 30min[sodat al die brood die roommengsel kan absorbeer]
Bak dit oop op 180*C vir 45min tot mooi bruin en gestol
Haal uit en drizzel bietjie Heuning of stroop bo-oor en laat rus vir so 5-8min om lekker te set voor jy opskep.
Bedien lekker tuisgemaakte vla of Vars Room daarby...
En hoe lekker het ek nie gisteraand geslaap nie want ek het geweet een van my kos vrese het ek oorbrug deur maar net weer te probeer**Hoe se hulle Aaanhouer Wen..Geniet dit as julle dit maak en dink aan my Helena Kruger Bultfontein Vrystaat 24/7/2014

No comments:

Post a Comment