Friday 4 July 2014

KLAMSTE VANILLA KOEK



DIE SUKSESVOLSTE, KLAMSTE VANIELJE KOEK OOIT!!!!!!

Hier is die resep

1 1/2 koppies suiker
4 ekstra groot eiers
1 teelepel vanielje
Klits die 3 bestanddele saam tot lig en fluffy omtrent 10min lank
2 koppies koekmeel
2 opgehoopte eetlepels maizena
3 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout
Sif die bestanddele saam en dan klits mens dit in die eier beslag in
Verhit die volgende 3 bestanddele tot alles warm en gesmelt is
1 1/2 koppies melk
2 eetlepels olie
2 eetlepels margarine

Gooi nou die vloeistof op die deeg en vou dit baie goed in.Verdeel die beslag in 2 gesmeerde koekpanne wat uitgevoer is met waspapier en bak vir 25-30 min by 180 grade C

VERSIERSEL
250g sunshine D margarine
500g versiersuiker
1 teelepel vanielje
4 eetlepels melk
Klits eers die margarien tot sag. En dan gooi mens die res van die bestanddele by en dan klits jy tot dit lig van kleur en baie fluffy uitkom. En as dit nog te styf lyk dan gooi jy eetlepels gewys melk by, en klits weer tot dit slap genoeg is om lekker te kan smeer.

En mens kan dit verander na sjokelade of lemoenkoek toe.Vir sjokolade gooi jy net 2 opgehoopte eetlepels kakao by in die vloeistof mengsel in, en verhit dit. En jy gooi kakao in by die versiersel

As jy lemoenkoek wil maak gebruik jy 1 teelepel fyngerasperde lemoenskil ipv vanielje.

En jy gebruik 1 1/2 koppies vars uitgedrukte lemoensap ipv melk.

BRON- Naudéa Visser
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/klamste-vanilla-koek.html

1 comment: