Friday, 4 July 2014

MIKROGOLF DADELPOEDING MET KARAMELSOUS

MIKROGOLF DADELPOEDING MET KARAMELSOUS.
Bestanddele: 
250ml kookwater, 
180g(300ml) dadels gekap,
5ml koeksoda, 
65ml botter, 
225ml suiker, 
2 eiers, 
320ml bruismeel, 
2ml vanilla. 

Sous: 
125ml ligte bruinsuiker, 
100ml dik room, 
120g botter, 
2ml vanilla. 

Metode:
Plaas water en dadels in n bak en mikro 2min by 100%. Voeg koeksoda by, meng en hou eenkant. Room botter en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Vou meel en dadelmengsel in. Vou vanilla in. Skep in gesmeer bak en mikro 15min by 70% tot dit ferm voel. 
Meng al die sous best in n hittebestande bak en mikro 3min by 100% en roer 2 keer. 
Bedien poeding met sous. Porsies 8. Poplap se lekkerbek resepte
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/mikrogolf-dadelpoeding-met-karamelsous.html