Thursday 3 July 2014

PAMPOENPOT




Lucas Bester
PAMPOENPOT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/pampoenpot.html

Alle soorte pampoen in skywe of blokke gesny (genoeg vir hoeveelheid mense wat jy wil kosgee.)
Sampioene gesny
2 Eiervrugte skywe gesny en ontwater (ONTBITTER)
ROOM 250ml
Wit uiesoppoeier
AROMAT
SO MAAK MENS
Pak groente in lae met Soppoeier en Aromat tussen lae gestrooi
Gooi room oor
Sit deksel op en bak vir ± 1 uur by 160°
HEERLIK SAAM MET BRAAIVLEIS EN GEBRAAIDE HOENDER*03/07/2014

Pampoenverrassing

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/pampoenpot.html
Birgit Rupping het die week se resep vir Kollig gestuur en sê haar man se tannie het die gereg eenkeer gemaak toe hulle daar op die plaas gekuier het. “Dit is heerlik, selfs mense wat nie van pampoen hou nie, hou van die een!”
Bestanddele
1 Heel Pampoen (middelmatige grootte)
Uie, opgekerf (Getal hang van die grootte van die pampoen af)
Groenrissie, opgekerf (hoeveelheid hang ook van die grootte van die pampoen af)
Sampioene, gesny (hoeveelheid hang van die grootte van die pampoen af)
250ml suur room
Sout, peper en kruie na smaak

Metode
Sny 'n gat rondom die stingel van die pampoen sodat dit soos 'n deksel teruggeplaas kan word. Birgit sny dit altyd skuins en nouer ondertoe sodat die “deksel” nie inval nie. Haal die pampoen se pitte en al die los veseltjies mooi uit.
Strooi die binnekant met baie sout en laat die pampoen vir ten minste een uur of langer staan om water uit te trek. Spoel die pampoen deeglik uit om van die sout ontslae te raak. Gooi al die bestanddele binne in die pampoen. Dit moet die pampoen binne so ¾ vol maak.
Sit die “deksel” van die pampoen weer op, plaas die hele pampoen in 'n oondvaste bak en bak tot sag teen 180ºC.
Haal die deksel af en meng die gaar pampoen met die vulsel versigtig. Oppas dat jy nie die skil stukkend druk nie. Bedien die pampoenverrassing so binne in sy eie “houer.”republikein.com


 


Gevulde Pampoenhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/pampoenpot.html
Ilse Mynhardt van Wyk
1 Pampoen ongeveer so 30-40 cm in deursnee (Ek verkies die Crown pampoen bo die gewone wit boerpampon omdat hulle ‘n dieper bak maak as die plat boerpampoen)
Sout en varsgemaalde swart peper
Kwart ou brood in blokkies gesny van so 1cm x 1cm
250 g blokkies kaas (mengesel van cheddar en gouda)
3 t knoffel
1 pakkie bacon bits, gebraai to crispy, afgekoel (jy kan die uitlos vir ‘n vegetariese dis)
¼ k fyn gekapte spring onions
1 t tiemie
1 k Room
1 pakkie mushroom soppoeier
1 k water
1 eier
Sit oond op 180C
Sny die pampoen se bokant oop sodat jy ‘n pot en ‘n deksel het. Ek het agtergekom om die mes so half skuins na die middel in te druk werk baie beter as wat jy hom reguit af probeer indruk.
Verwyder nou al die pitte en drade. (As jy hierdie net so nat in die grond gedurende die somer maande druk, gaan jy meer pampoene he as wat jy ooit kan opeet. Jy en die hele buurt!!!)
Strooi die binnekant sommer goed met die sout en peper, bietjie meer peper as sout want onthou jy gaan kaas en bacon ook insit.
Gooi die brood, kaas bacon en spring onions, tiemie in ‘n bak en roer goed deurmekaar
Skep in die pampoen.
Meng soppoeier met water.
Meng room en eier by
Klits goed
Giet oor die vulsel.
Jou pampoenpot moet kan toemaak sonder dat die vloeistof uitloop. Jy gaan dalk so bietjie van die room mengsel oor he or jy gaan bietjie extra room moet bygooi. Dit hang maar af hoe groot jou pampoen is.Sit jou pampoen deksel op.
Sit waspapier op ‘n bakplaat.
Sit die pampoen op die plaat en bak vir ongeveer 2 ure.
Loer na 90 minute. Als moet nou borrel en kook.
Ek los gewoonlik die laaste 20 minute my pampoen deksel af sodat bietjie van die pampoen se water kan wegkook.
Jou pampoen is reg wanneer die vleisgedeelte van die pampoen baie sag is wanneer jy dit steek met ‘n mes.
Onthou die skil sal heel moontlik hard bly as jy ‘n crown gebruik, maar as jy boerpampoen gebruik kan hy sagter wees sodat jy hom skywe kan sny.
Wees nou baie versigtig want die pampoen is WARM en SWAAR.
Laat die pampoen so 20 minute rus voor jy hom bedien.
As jou skil te hard is om te sny kan jy ‘n opskeplepel vat en al die binnegoed deurmekaar roer en dit net so bedien in die pampoen pot.
As jou skil sag genoeg is om te sny kan jy dit in skywe sny soos ‘n koek*http://kreatiewekosidees.com


No comments:

Post a Comment