Saturday, 12 July 2014

RED VELVET CUPCAKES



Liana Barnard Claassen

Red Velvet Cupcakes

:Laura Vitale. Foto my eie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/red-velvet-cupcakes.html

Lewer 12
1 en 1/4 K koekmeel
2 E Kakao
1/2 t Bakpoeier
1/2 t Koeksoda
1/4 t Sout
1/4 K ongesoute Botter
3/4 K Suiker
1 Eier
1t Vanilla
3/4 K Karringmelk
Rooi kleursel

Klits suiker en botter tot romerig. Voeg eier by. Klits droee bestanddele en melk om die beurt by. Voeg kleursel by. Bak vir ongeveer 15 minute by 180*C.

Roomkaas Versiersel:                                 

Klits saam: 
2 K Versiersuiker
120g Roomkaas
2 E Botter
1 E melk
1t Vanilla.

Moenie te veel versiersel opsmeer nie, dit is baaaie soet!!