Saturday, 19 July 2014

SARDIENPASTEI / VISPASTEI

 SMAAKLIKE SARDYNPASTEI 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/sardienpastei.html 
(Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
425 g sardyne in tamatiesous;
60 ml ui, gekap;
125 ml groen en rooi soetrissies, gekap;
190 ml mayonnaise;
310 ml vars witbroodkrummels;
sout en peper;
60 ml gerasperde kaas;
botter.

Voeg ui, soetrissies, mayonnaise en 250 ml broodkrummels by gevlokte vis. 
Geur. Plaas in gesmeerde bak en strooi orige broodkrummels en kaas oor en stip met botter. Bak vir 45 min. by 180 grade Celsius..


Vispastei. 
In n oondbak gooi laag mash, dan n blikkie pilchards (fyn) dan weer mash.
Sny tamatie bo-or gooi baie gerasperde kaas oor en bak in 200' oond vir so 15 min tot kaas lekker bruin is. Bedien met mengelslaai. Yummy!*

Lettie Steyl *

 
VIS PASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/sardienpastei.html
Hier is n vis pie resep
1blikkie Mince Sardyne
P
atats
Eie spesery na smaak

Braai uie voeg vis by
Kook patat ronde sirkels

Skep n laag patat, dan vis, weer n laag patat gooi dan patato bake oor en bak 180 vir 45 mn en bedien met slaai en gerooste broodjie gewone of frans brood**

Tiekie Jooste Smit** 21/01/2016

No comments:

Post a Comment