Thursday 31 July 2014

SJOKOLADE MOUSSE KOEK



SJOKOLADEMOUSSE KOEK
deur SARIE.com-span
S
aam met lekker sterk koffie is dit die perfekte einde van ‘n heerlike maal

BESTANDDELE
2 groot eiers
250 ml sonneblomolie
250 ml sterk koffie
1 x 650 g-boks sjokoladekoek-mengsel
250 g donkersjokolade
45 ml botter, gesmelt
3 eiers, geskei
60 ml versiersuiker
250 ml sjokoladesous
125 g bessies van jou keuse

METODE
Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Meng eiers, olie en koffie goed in groot mengbak. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi in broodpan en bak vir 30 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Verdeel koek in twee lae. 
Voer broodpan met kleefplastiek uit en plaas een koeklaag onder in pan. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond. Laat afkoel tot louwarm en roer eiergele een vir een by – as dit te warm is, gaan dit skif. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep mengsel dadelik in uitgevoerde pan. Plaas tweede koeklaag bo-op en laat stol vir 3 uur of oornag in yskas. Lig uit pan met behulp van die kleefplastiek. Plaas op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Sit voor met sjokoladesous en bessies.
WENK:
Die onderstaande koekresep kan ook gebak word en volg dan die veredere aanwysings.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/sjokolade-mousse-koek.html


SJOKOLADE KOEK 2000
Barry Theron[ Vriend]
1k Strooisuiker
1k Koekmeel
1t Sout
2e Kakao     of     2e Maizena vir n wit koek
3t Bakpoeier  (1 + 2 tlps)
½ k Kookwater
½ k Olie
4 Eiers (Geskei)
1e Vanielje

Sif droee best. met 1t Bakpoeier
Meng kookolie en kookwater, Voeg by droeë best.
Skei eiers.
Voeg Vanilja by eiergele, meng, voeg by mengsel.
Klits eierwitte met 2 t bakpoeier en voeg laaste by mengsel.
Bak by 180*C vir so +- 35min.

Barry Theron 2000...Helena n.s.

Dit is die lekkerste "NAT" koek wat ek nog gebak het n Treffer Junie 2010
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/sjokolade-mousse-koek.html


Helena Kruger

SJOKOLADE MOUSSEKOEK

Benodighede:
1 koppie suiker
1 koppie meel
½ koppie warm sterk koffie
3 t bakpoeier
2 eetlepels kakao
1 t sout
½ koppie olie
1 t vanilla essence
4 eiers geskei
Bestanddele vir die SJOKOLADE MOUSSE
250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao
Bereiding
Voorverhit oond op 180 grade C
Metode vir die koek


SJOKOLADE SPONSKOEK
Klits suiker,warm koffie en kakao goed saam tot afgekoel
Skei die eiers en klits die geel van die eiers 1 voor 1 by
Voeg olie toe en klits goed
Voeg droë bestanddele toe
Meng goed
Klits die eiwitte styf
vou die geklitste eiwitte goed in die mengels met 'n yster lepel
Skink in oondpan
Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 grade C
Laat afkoel op draadrak
Metode vir die mouse
SJOKOLADE MOUSSE
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens 'n uur <<<<Bibi
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/sjokolade-mousse-koek.html

No comments:

Post a Comment