Thursday 31 July 2014

BOEREWORS MET GEROOSTERDE SOETRISSE



Gesmoorde soetrissie met boerewors en geroosterde ciabatta
deur Barbara Joubert


Skep van die soetrissies op ’n sny roosterbrood en plaas ’n worsie bo-op – dis heerlik.
genoeg vir 4

• 1 groen soetrissie
• 1 rooi soetrissie
• 1 geel soetrissie
• 50 ml olyfolie
• 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 300 g dun boerewors
• 1 ciabatta-brood in snye gesny en gerooster
• vars basiliekruid-takkies

Verwyder die soetrissies se sade en sny die wande in dik repe. Verhit olie in ’n pan en voeg ui en knoffel by. Braai sowat 1 minuut en voeg soetrissies by. Geur met sout en peper. Braai tot soetrissies sag is. Maak klein worsies van die boerewors. Draai die boerewors so elke 10 cm – dit moet soos klein varkworsies lyk. Plaas wors in pan en voeg water by – sowat ½ cm diep. Braai tot water weggekook het en draai wors versigtig om. Braai verder tot gaar. Skep soetrissies in opdienbak en plaas wors bo-op. Plaas vars basiliekruid-takkies bo-op. Sit voor met geroosterde ciabatta-brood.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/boerewors-met-geroosterde-soetrisse.html

No comments:

Post a Comment