STOMPIE SE LEKKER WORTELPOEDING
BESTANDDELE:
60 g margarine (75ml)
2 k wit suiker…
2 eiers
3 k grof gersasperde geelwortels
2 ml suurlemoen geursel
2 k koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
METODE:
1. Voorverhit die oond na 180°C
2. Meng margarine en suiker (moenie verroom nie)
3. Voeg eiers by en klits deeglik
4. Voeg wortels en suurlemoen geursel by
5. Roer tot goed gemeng, (moet nie skrik as
die mengsel skif lyk nie)
6. Sif koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en
meng met wortelmengsel
STROOP
BESTANDDELE:
3 k water
1 k suiker
75 ml margarine
knypie sout
METODE:
1. Verhit water, suiker, botter en sout saam tot suiker gesmelt het
2. Giet stroop in bak
3. Skep lepelsvol deeg in bak
4. Bak vir ongeveer 1 uur sonder deksel tot goud bruin
Bron: Maggi Oliver
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/stompie-se-wortelpoeding.html
No comments:
Post a Comment