Monday 7 July 2014

WYNAND SE RYSDIS


WYNAND SE RYSDIS
1½ koppie rou bruin of wit rys
1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 groen soetrissie, gekap
6 Weense worsies, in ringe gesny
2 koppies gevriesde groente
½ koppie Worcestersous
½ koppie tamatiesous
½ pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie warm water

Kook rys gaar.
Braai ui, knoffel en soetrissie saam in 'n pan.
Ontdooi groente en voeg saam met tiemie by die uiemengsel.
Voeg die Worcestersous, tamatiesous en Weense worsies by.
Laat dit vir 8 minute prut.
Voeg gaar rys by.
Roer goed.
Meng die soppoeier met 'n koppie warm water en voeg by die dis.
Laat dit vir 2 minute prut.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/wynand-se-rysdis.html

No comments:

Post a Comment