Thursday 28 August 2014

GRIEKSE HERDERSPASTEI

'n Heerlike maaltyd. Uit Wenresepte 1, saamgestel deur Annette Human
GRIEKSE HERDERSPASTEI
Deur Arina du Plessis
Dié herderspastei bestaan uit ’n geurige maalvleisvulsel tussen twee lae kapokaartappels.
750 g aartappels
100 ml room of melk
1 eiergeel
Neutmuskaat, sout en peper na smaak
250 g beesmaalvleis
25 ml olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml sout
Knippie peper
10 ml tamatiepasta
Knippie basiliekruid of roosmaryn
100 ml vleisaftreksel of rooiwyn
125 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag oondvaste bak. Skil die aartappels, kook in soutwater tot sag en druk fyn.

Voeg die room of melk, eiergeel, neutmuskaat, sout en peper by en klop tot goed gemeng. Braai die maalvleis in die olie tot droog.


Voeg die uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die sout, peper, tamatiepasta, basiliekruid of roosmaryn en aftreksel of wyn by, meng en kook ’n rukkie. Smeer die helfte van die kapokaartappels in die bak. Skep die vleismengsel bo-oor en bedek met die oorblywende kapokaartappels. Strooi die kaas oor en bak 20-30 minute. Lewer 4 porsies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/griekse-herderspastei.html

No comments:

Post a Comment