Thursday 28 August 2014

VINNIGE POST TOASTIETERT

VINNIGE POST  TOASTIETERT
Deur Arina du Plessis
Hierdie is 'n tert van Hetta van Deventer-Terblanche, een van die beoordelaars van die gewilde 
Kokkedoor 2.
Kors
60 ml botter
4 x 250 ml graanvlokkies, soos Post Toasties, fyngedruk
60 ml suiker
2,5 ml kaneel

Vlavulsel
500 ml melk
30 ml koekmeel
125 ml suiker
3 eiers, geskei
30 ml suiker (opsioneel)

Kors:

Smelt die botter, voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur. Voer ’n tertpan daarmee uit – druk dit styf vas. Vulsel: Klits die melk, meel, suiker en eiergele goed saam. Verhit dit stadig in ’n swaarboomkastrol, terwyl jy aanhoudend roer.  Hou aan roer tot net verdik. Gooi in voorbereide graanvlokkiekors. Klits die eierwitte styf (met of sonder die suiker – my ma het nooit die eierwit versoet nie, wat gesorg het vir die lekker kontras met die soet vla). Smeer dit met ’n spatel so oor die vlamengsel dat dit oraloor puntjies vorm. Bak die tert in ’n matige oond (180 °C) tot die eierwit ligbruin is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/vinnige-post-toastietert.html

No comments:

Post a Comment