Thursday, 28 August 2014

KUNSROOM OF FOPROOM





KUNSROOM  of FOPROOM
60 ml kondensmelk,
10 ml suurlemoensap.

Klits alles goed saam tot lig en styf.
Gebruik soos geklitse room.
Uit Kook en Geniet


NAGEMAAKTE ROOM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kunsroom-of-foproom.html
3 Eetlepels Kookwater
1 Teelepel Gelatien
250 g Botter
Knippie sout
1 teelepel banielje geursel
1/2 Teelepel Kremetart.

1. Gooi water oor gelatien en roer tot opgelos.
2. Verroom botter, vanielje, sout en suiker saam tot goed gemeng.
3. Voeg kremetart by en dan gelatien en klits verder vir 10 minute lank tot lig en romerig.
*kan as plaasvervanger van room dien. Vul horinkies, Bedien saam met poeding.





NAGEMAAKTE ROOM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kunsroom-of-foproom.html

5 ml gelatien                                                                    
45 ml water
125 g botter                                                                        
125 ml suiker
knippie sout                                                                       
vanilla/lemoengeursel
1 ml kremetart
Versag gelatien in water en roer oor kookwater tot opgelos. Plaas botter, suiker, sout en geursel in bak.  Klop liggies en voeg dan kremetart en daarna gelatien by.  Klits nou goed vir ongeveer 10 minute tot mengsel soos geklopte room lyk. Gebruik as vulsel vir poffers, sponskoeke, oliebolle.  Lewer ongeveer 500 ml.
NAGEMAAKTE ROOM.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kunsroom-of-foproom.html



1 k melk
15 ml maizena
knippie sout
50 ml botter
15 ml strooisuiker
2 ml vanilla

Plaas al die melk behalwe 30 ml melk in `n swaarboom pot en bring tot kookpunt. Meng die maizena en sout goed met die 30 ml melk en voeg by die kokende melk. Kook 3 minute, roer, laat afkoel. Klits botter, suiker en vanilla tot room. Haal velletjie van die koue melkmengsel af en voeg `n teelepel op `n keer van die bottermengsel by. Klits goed totdat alles ingeklits is en die megsel soos geklopte room is. Maak 750 ml.** (Rita)**Bron: In en om die huis