Saturday 9 August 2014

LEMOENPOEDING IN N BEKER



LEMOENPOEDING IN N BEKER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/lemoenpoeding-in-n-beker.html

Dink net hoe gesellig kuier ’n mens om die vuur met ’n blikbeker vol poeding… Lekker en gerieflik.Jy benodig
  • 150 g botter, plus ekstra vir smeer
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • ⅔ koppie strooisuiker
  • 2 eiers, geklits
  • 1 koppie melk
  • 2 koppies meel
  • 2 teelepels bakpoeier
VIR DIE STROOP
  • 1 koppie lemoensap
  • ½ koppie water
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • ½ koppie suiker
  • 5 eetlepels heuning
  • 4 sopies brandewyn (opsioneel)
So maak jy
  1. Smeer 6 blikbekers dik met botter.
  2. Klits die botter, lemoenskil en suiker totdat dit dik en liggeel is. Roer dan die eiers en melk by en daarna baie liggies die meel en bakpoeier totdat alles goed gemeng is.
  3. Verdeel die beslag tussen die bekers. Moenie die bekers meer as driekwart vol maak nie – die deeg gaan nog rys. Bedek elke beter met foelie wat met botter gesmeer is (sorg dat die foelie oorhang sodat dit ’n digte seël bo-oor die poeding vorm. Jy kan selfs tou of ’n rekkie om die bek bind).
  4. Sit ’n draadrakkie onderin ’n groot plat pot en pak die bekers daarop – die bekers moenie aan die bodem van die pot raak nie. Jy kan ook ’n vuurvaste piering onderin sit, of ’n groot stuk foelie wat ’n bietjie opgefrommel is. Sit die pot oor lae hitte (kole, gas of die stoofplaat) en vul dit dan versigtig met kookwater totdat die bekers halflyf in die water staan. Stoom die poedings vir 45 minute totdat die deeg terugspring as jy daarop druk.
  5. Kook al die bestanddele vir die stroop (behalwe die brandewyn) vir ’n paar minute saam totdat die suiker gesmelt is. Verwyder dit van die hitte en voeg die brandewyn by.
  6. Verdeel die kokende stroop tussen die bekers. As jy die lemoenpoedings wil uitkeer, doen dit dadelik as dit uit die pot kom, voordat jy die stroop oorgooi.*Vir 4
    Voorbereityd 15 minute
    Baktyd 45 minute
Wenk
Maak ’n vinnige heuningtoffiesous deur ’n paar eetlepels botter en heuning saam in die mikrogolfoond of oor die vuur te smelt en bo-oor die poedings te drup.**RESEP ALETTA LINTVELT FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS*Weg.com


 




No comments:

Post a Comment