Saturday 9 August 2014

PASTA MAALVLEIS EN AARTAPPELGEREG

PASTA MAALVLEIS EN AARTAPPELGEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/pasta-maalvleis-en-aartappelgereg.html
*Slow-Cooker*

Pasta van jou keuse gekook
500g maalvleis
2 aartappels gerasper
1 klein uie gekerf
12 Baba Tamaties gehalveer
1k Sampioene gekerf
1 stingel seldery gekerf
Sout en Peper
2e Bruin souspoeier
1/2 k gevriesde ertjies
2 k Hoenderaftreksel
Kook jou Pasta
Braai jou uie,seldery, sampioene en voeg die tamaties by roerbraai vir 2min.in bietjie botter of olyfolie
Voeg gerasperde aartappels by en roerbraai vir nog 2-3min
Laat bietjie afkoel
Meng nou die mengsel by jou maalvleis en voeg die 2 e bruin souspoeier by asook die ertjies
Gooi 1k hoenderaftreksel in jou slow-cooker en nou pak jy lae van Pasta en Vleismengsel tot bo
Gooi ander helfte van aftreksel oor en drizzel so n bietjie Sweet Chilliesous bo-oor
Stel op High vir 2h**Heerlik.Bedien n lekker slaaitjie daarby en jy het n heerlike bord vullende kos Helena Kruger 89/8/2014

  








No comments:

Post a Comment