Tuesday 19 August 2014

MARINDA SE PAMPOENKOEKIES


Pampoenkoekie
750ml gaar pampoen
2 eiers
1 teelepel sout
500ml bruismeel
15ml bakpoeier

Sous
500ml suiker
1 koppie water
123ml melk
30ml botter
2 teelepels maizena

Metode
Klop die pampoen en eiers saam.
Voeg die res by, meng goed.
Verhit 500ml olie in kastrol.
Skep eetlepels van die beslag uit, en drup dit in die olie.
Braai tot goudbruin, haal uit en sit op kombuispapier.

Sous
Verhit al die bestanddele van die sous in 'n kastrol, behalwe die Maizena.
Roer totdat suiker oplos.
Voeg bietjie water by Maizena, voeg by warm mengsel, en verdik.
Bedruip die pampoenkoekies daarmee.

Bron: RSG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/marinda-se-pampoenkoekies.html

No comments:

Post a Comment