Saturday 9 August 2014

SJOKOLADE BROODPOEDING


Dekadente sjokoladebroodpoeding
Dié ryk poeding werk uitstekend op koue wintermiddae.

4 groot dag oue croissants
200 g melksjokolade
45 ml (3 e) lemoenlikeur
300 ml room
300 ml melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
6 ekstragroot eiergele
150 ml strooisuiker
40 ml sagte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondbak met botter of spuit met kossproei.
Breek die croissants in growwe stukke en rangskik twee derdes daarvan in die oondbak. (Die croissants kan deur rosyntjiebrood vervang word. Dit hoef nie ’n paar dae oud te wees nie.)
Breek die helfte van die sjokolade in stukke en gooi dit by die broodstukke.
Sprinkel die likeur oor die broodstukke.
Giet die room, melk en vanieljegeursel in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt.
Klits die eiergele en strooisuiker met ’n elektriese klitser. Giet ’n klein bietjie van die verhitte melkmengsel by die eiermengsel en klits.
Giet die res van die verhitte melkmengsel by die eiermengsel en klits goed.
Giet die eier-en-melkmengsel oor die broodstukke in die oondbak.
Rangskik die res van die brood bo-oor en sprinkel die bruinsuiker en kaneel oor.
Bak 30-40 minute of tot die poeding gaar is.
Smelt intussen die res van die sjokolade en giet dit oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/sjokolade-broodpoeding.html

No comments:

Post a Comment