Sunday, 10 August 2014

KAASSTROOITJIES


KAASSTROOITJIES 1
Gebruik gelyke hoeveelhede botter, kaas en meel. 
Meng die botter en meel saam met ’n knypie sout en rooipeper.
Voeg nou die kaas by en meng tot jy ’n gladde deeg het. Rol dit uit en sny in repe.
Bak by 180°C tot ligbruin.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kaasstrooitjies.html

KAASSTROOITJIES 2
Verversings Resepte
3 k Meelblom
227 g Kaas
1 t Sout
227 g Margarien
1 t Rooipeper
3 t Bakpoeier

METODE:
Rasper kaas. Meng botter meel en al die ander bestandele saam. Kaas kom laaste by. Maak aan met water of melk tot ʼn stywe deeg. Rol dun uit en sny in repies. Draai dit en bak in warm oond tot ligbruin.


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kaasstrooitjies.html


Riana Du Plessis

KAASSTROOITJIES 3
antoinette bezuidenhout se boek "southappie - reseppies"
1 kop koekmeel
halwe teelepel sout
2 eetlepels botter
100 ml gerasperde cheddar kaas
2 ml droe mosterd
knippie rooipeper
1 eiergeel
kwart kop water
Sif meel en sout saam en vryf botter liggies in
voeg kaas, mosterd en rooipeper by
klits eiergeel en water saam en voeg by
meng deeglik
VERKOEL IN YSKAS VIR SO UUR OF 2
Rol uit en sny in strooitjies
bak by 180 grade c tot goudbruin
KAN LANK VOOR DIE TYD BEREI WORD. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/kaasstrooitjies.html





No comments:

Post a Comment