Saturday 9 August 2014

VINNIGE MOSSELSOP


Vinnige mosselsop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/vinnige-mosselsop.html

Geblikte mossels, klappermelk en sakkies visaftreksel word ingespan om dié vinnige sop op te tower.
2-3 blikke (85 g elk) gerookte mossels
1 blik (400 g) klappermelk
500 ml (2 k) visaftreksel
45 ml (3 e) gekapte koljanderblare
2 brandrissies, gekap
15 ml (1 e) suurlemoensap
45-60 ml (3-4 e) sojasous
paar druppels vissous
lemmetjieskyfies
koljanderblare vir bo-oor sprinkel


Plaas die mossels (olie en al), klappermelk, visaftreksel, koljanderblare en brandrissies in ’n kastrol en verhit tot kookpunt.
Laat goed kook sodat die geure goed kan meng.
Verwerk die vloeistof in die kastrol met ’n staafmenger tot die mossels fyner opgekap is.
Voeg die suurlemoensap by en geur met soja- en vissous.
Sit voor met lemmetjie-skyfies en sprinkel koljanderblare oor.

Bron: Huisgenoot
Genoeg vir 4 persone

 




VINNIGE MOSSELSOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/vinnige-mosselsop.html


2 blikkies gerookte mossels olie afgegooi
6 rou crabsticks
2 blikkies aspersies
250ml room
1 liter melk
250 ml water
1 pakkie mushroom sop
Halwe pakkie cream of chicken sop
Gooi alles in pot en bring tot kookpunt roer voortdurend sit plaat laer en prut vir so 10 min roer steeds.
Dien op saam franse brood.**
*Antoinette Steyn*21/01/2016

No comments:

Post a Comment