Saturday, 9 August 2014

KLAPPERTERT



KLAPPERTERT

2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 blik Kondensmelk
500ml (2k) Klapper
125g Gesmelte botter
125ml (1/2k) Room
250ml(1k) Witsjokoladesplinters

Voer ’n 23 x 35cm oondpan uit met tinfoelie.
Gebruik 2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies en rangskik ’n enkellaag onderin ’n pan.
Meng 1 x 385 g-blik kondensmelk, 500 ml (2 k) klapper en 125 g gesmelte botter. Smeer oor die beskuitjies. Rangskik nog ’n laag Tennisbeskuitjies bo-op.
Verhit 125 ml (½ k) room, roer 250 ml (1 k) witsjokoladesplinters by en smelt. Koel effens af. Smeer oor die Tennisbeskuitjies.
Laat stol. Sny in blokkies.

Bron: Huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/klappertert.html