Saturday 13 September 2014

GRENADELLA KARAMEL KRUMMELTERT


Grenadella-karamel-krummeltert
KORS
180 g koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
160 g botter
75 g strooisuiker
2 groot eiers
100 ml melk
10 ml (2 t) vanieljegeursel
VULSEL
5 ml (1 t) fyn kaneel
2 blikke (360 g) karamelkondensmelk
3 klein blikkies (110 g) grenadellapulp, gedreineer
15 ml (1 e) suurlemoensap
250 g vars dadels, gekap
2 ryp piesangs, gekap
1 blik (385 g) tertappels, gekap
BOLAAG
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) mielieblom
25 ml (5 t) suiker
70 g botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
versiersuiker en geklopte room of roomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 40 cm of 8 individuele tertbakkies.
KORS Sif die meel en bakpoeier saam.
Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
Voeg die melk, vanielje en meelmengsel om die beurt by die eiermengsel en meng goed.
Giet die mengsel in die voorbereide bak(ke) en bak 20 minute tot gaar.
VULSEL Meng al die bestanddele goed. Skep op die gaar tertdop en hou eenkant.
BOLAAG Meng al die bestanddele en vryf dit met jou hande saam tot dit ’n krummeltekstuur het.
Sprinkel oor die vulsel en bak nog 20-25 minute tot goudbruin van kleur en gaar.
Sprinkel versiersuiker bo-oor en sit voor met geklopte room of roomys.
Deur Huisgenoot Digitaal. Adél Olivier van Mosselbaai het hierdie resep met ons gedeel.
WENKE:
LEWER 1 TERT VAN 40 CM OF 8 KLEINER TERTJIES
Bereiding: 45 minute
Baktyd: 40 minute
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/grenadella-karamel-krummeltert.html

No comments:

Post a Comment