Monday 15 September 2014

LIPLEKKER KERRIEHOENDER



Liplekker kerriehoender
Dié staatmaker-aandete het die lekkerste sous!
Sorg vir genoeg rys of koeskoes hierby sodat die sous nie verlore gaan nie. Ek het onlangs hierdie resep met sampioenblatjang gemaak wat ek present gekry het, en dit was heerlik. Eksperimenteer dus gerus met verskillende soorte blatjang vir die sous.

2 kg hoenderporsies
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
250 ml volvet-mayonnaise
250 ml blatjang
30 ml heuning
15 ml sterk kerriepoeier
30 ml vars suurlemoensap
80 ml water
5-10 ml mielieblom
Gekapte vars pietersielie of koljanderblare, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderporsies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en swartpeper. Meng die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie of koljanderblare, goed en giet oor die hoender.
Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20-30 minute, tot die hoender goudbruin en die sous borrelend en lekker dik is.
Sprinkel pietersielie of koljander oor voor jy dit voorsit. Lewer 8 porsies.

Bron: Deur Arina du Plessis
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/liplekker-kerriehoender.html

No comments:

Post a Comment