Friday 5 September 2014

TANT RALIE SE KITSTERT


TANT RALIE SE KITSTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/tant-ralie-se-kitstert.html
1 pakkie Boudoir vingerkoekies
port of Old Brown Sherry
1 x 410g blikkie gemengde vrugteslaai
1 pakkie kitspoeding, Butterscotch
2 hande vol gekapte neute
1 koppie room, styf geklits
sjokoladekrummels
kersies (opsioneel)

Pak die koekies onder in 'n vierkantige glasbak.
Bedek met port of die sjerrie.
Dreineer die vrugteslaai en plaas bo-op.
Maak die kitspoeding aan soos aangedui op die pakie.
Sit dit bo-op die vrugteslaai.
Sprinkel neute oor.
Voeg die room bo-oor en dan die sjokolade en kersies.

No comments:

Post a Comment