Saturday, 6 September 2014

VERBRUINDE HOENDER


Verbruinde hoender

Dié hoender bly 'n hele uur en 15 minute in die oond. As die hoender te bruin raak na jou sin moet jy dit met foelie bedek.

1 hoender, skoongemaak, gewas en afgedroog
2 fyngedrukte knoffelhuisies
10 mℓ gerasperde gemmer
25 mℓ kerriepoeier
5 mℓ paprika
10 mℓ sout
5 mℓ fyngemaalde swartpeper
5 mℓ garam masala
30 mℓ suurlemoensap
30 mℓ sojasous
30 mℓ olie
30 mℓ meel
'n skeut warm water
30 mℓ fyngekapte stingeluie
30 mℓ vars gekapte koljander

Meng al die bestanddele saam, behalwe die hoender. Gebruik genoeg warm water sodat dit 'n pasta vorm.
Besmeer die hoender met die pasta – van binne en buite.
Laat dit vir 1 uur staan.

Rooster by 170°C vir 1 uur en 15 minute. Onthou om die hoender met foelie te bedek as dit te bruin raak na jou smaak. Haal dit uit die oond as dit lyk asof dit te droog raak.

Dié hoender kan warm of koud bedien word. 

Bron: kookkuns.com
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/verbruinde-hoender.html

No comments:

Post a Comment